Mooi musiek is tydloos

Wipgat, windstert en kordaat ryg my vierjarige nuwe Engelse woorde uit. Hy is nog net ‘n paar frases magtig wat hy by ouboet en kinderflieks geleer het, maar daarmee woeker hy behendig.”I’m a hungry, hungry herbivore”, sing hy vir ons. Sy gunsteling liedjie is die growwe heavy metal band ACDC se Thunder (uit die fliek Planes). Ek verstom my vir my kinders se uiteenlopende musiekversoeke op die lang pad. Ouboet wil na Blouberg se strand luister en kleinboet eis dat ek Bobby Love speel. Laasgenoemde versoek verg bietjie speurvernuf om te bepaal dat dit die Beatles se Can’t Buy Me Love is! So sing ons die pad kort aan dekades se treffers.
Danksy itunes en digitale musiek, het die generasiegaping in musiek heel verdwyn. Daar is nie meer onderskeid tussen my pa se Ducktails era, ma se koorgunstelinge en musiekblyspele en my eie moderne gunstelinge nie. Op my speellys sit Mango Groove en Karel Jenkins ewe knus langs Eva Cassidy, Beethoven, Zoid en Vanessa Mae. By ons is daar waardering vir reëndag-melankolie, braaivleis country, saamsing penniefluite en disko dromme.
In my aqua groep klassifiseer senior vriendinne eendag ‘n lekker Elvis nommertjie as “voor my tyd”. Ek ontken geskok dat dit die klankbaan van my kinderdae was – daar is trouens ouer ikone as Elvis wat ek passievol aanhang. My ouma se Sinatra en ma se Abba is steeds welkom in ons huis. Elke genre het sy tyd en plek. Elke generasie het sy eie sterre. Mooi musiek is eenvoudig iets wat jy moet aanhou ontdek uit elke dekade.
Musiek bind mense saam oor grense heen. Ek hoop ek bly oopkop (en oopoor) genoeg om dit te onthou. Ek hoop ons en ons seuns kan nog vir jare mekaar se musiekgrense verbreed.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Mooi musiek is tydloos

  1. engelneels says:

    Mooi geskryf. Bly julle kan mekaar se musiek geniet. Gee hulle bietjie van Bobby Bare (Streets of Baltimore) en Jim Reeves (Rosa Rio). Jy sien sommer die prentjie voor jou as daai manne skilder met hul ballades.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s