Die Ontmaskering van Die Muis

My Japsnoet kon nie wag vir sy beurt om met die “wisselkoers” van ‘n melktand te begin spekuleer nie. Hy help roep immers al vandat hy kon praat “muis, muis kom haal my boetie se tand!” – elke keer as daar ‘n transaksie moet plaasvind.
So breek sy kans toe aan en ons bespiegel aan tafel of die muis in die koue sal kom. Terwyl die nuwe haasbekkie gaan water skink in die kombuis, laat waai my 9 jarige met ‘n hipotese waaraan hy duidelik al ‘n rukkie werk . Hy het ‘n sterk vermoede dis ons. Hy betrap ons onkant met sy nuutgevonde wysheid. Pa probeer nog toesmeer, maar ek weet dis verby. Ek bevestig sy teorieë met ‘n swaar hart. Hy is so opgewonde dat hy reg is en belowe om niks by kleinboet te laat glip nie.
En skielik is ‘n heerlike sprokie vir hom en ‘n kostelike gesinstradisie vir ons verby. Gelukkig mag ons dit nog ‘n paar jaar aanhou speel totdat die jongste ook sy naïwiteit verloor. Hy is nog steeds gek oor ballonne, Spur se Chico the Clown, glo in die genesende krag van ma se soene en blaas getrou wensblommetjies weg in die wind, maar ek weet ons is op geleende tyd…
Dit sou tog so lekker wees om hulle vir altyd klein en onskuldig te hou. Ek wens ek kon die wêreld se lelik nog ‘n bietjie langer vir hulle wegsteek. Ek hoop hulle verloor nooit hulle geloof in wonderwerke en gelukkige eindes nie. Ek hoop hulle vertroetel hulle geliefdes en bly kinderlik entoesiasties oor alles wat mooi en spesiaal is. Ek hoop hulle geniet die lewe met oorgawe en verlustig hulle in die lewe se klein vreugdetjies en rituele. Ek hoop Die Here bly vir altyd ‘n realiteit in hulle lewens en dat Sy Engele hulle sal omring wanneer ons nie kan nie.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Die Ontmaskering van Die Muis

  1. Gerba deKlerk says:

    Ag hoe dierbaar Annabelle Ons hoop Ouboet sal hierdie nuwe geheim kan bewaar! Gelukkig is hy al groot en hoe heerlik is dit dat hy iets weet wat Kleinboet ni weet ni O, n wonderlike uitdrukking wat my so groot laat voel het, toe ek e jou ma nog klein was, was husse met lang ore! Mooi aand vir julle e geniet jou seuntjies Liefdegroete xxx

  2. catjuggles says:

    Ek betreur gereeld dat meeste van hierdie goed vir ons al klaar gestrop is van fantasie. Die 11 jarige oorhandig haar tand en vra haar geldjie, Kersvader word oor gelag en hulle steek mekaar se paaseiers weg….snik!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s