Gloeiende lekker mense

Jy sien hulle van ver af aankom. Hulle energie is aanvoelbaar nog voor hulle hul monde oopmaak. Hulle word nooit oud nie en leef met ’n onderliggende stoute opwinding en passie.Daar is vonkies in hul oë en as hulle praat staan mense nader om te hoor wat hulle sê. Hulle is dikwels snaaks, altyd positief en vol deernis. Hierdie is lekker mense. Jy voel veilig by hulle, want hulle oordeel nie, hulle stel in jou belang en jy voel altyd beter oor jouself as jy van hulle af weggaan.
Oor hoe om gelukkig te wees is al biblioteke vol geskryf, maar die eintlike geheim, is dat God ons van die begin af so ontwerp het. Saam met ons vermoë om kos te verteer, skuilings te bou en skaflik te leef is daar nog iets. Nog voor ons geboorte en voor ons geweet het wie ons is, het God ons gedefinieer: Lux in Tenebris. Lig in Duisternis. Die Lig wat Hy uit niks skep en vrylik aan ons gee.

Lig is nie ’n default setting in almal se genetiese pakkie nie. Dit is iets wat jy moet kies om te wees. Jy het die vermoë om iemand se dag te maak, hoop te gee, vrees te besweer, troos te bring, te vermaak, aandag te gee, op te beur en te kalmeer. Jy kan deur jou menswees van die wêreld ’n beter plek maak.

Elkeen se liglysie sal anders lyk: Wees dapper, betrokke, oop, eerlik en optimisties. Leef waarderend en dankbaar. Wees vrygewig met komplimente en geskenke. Maak jou wêreld mooi. Soek goeie nuus en mooi stories van hoop. Kies jou vriende, vermaak en tydverdrywe versigtig. Humor en liefde wen altyd. Hou op anderpad kyk. Ondersteun jou gemeente of gemeenskap se uitreikprojekte. Lees in die Bybel oor vreesloosheid (daar is mos 365 keer geskryf “ moenie bang wees nie”) en hou vas aan die opdrag “wees bly” en “woon en werk rustig voort”. 

Hoe kan jy vandag lig wees?

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Gloeiende lekker mense

  1. catjuggles says:

    Hierdie is ‘n lessie vir my vandag

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s