Skuinskoek en skewe stories


Ek vier hierdie week Namakwaland se blomseisoen en ons Clanwilliamdam wat oorloop. Ek sê “ons” want al is ek al 20 jaar ’n stadsmeisie, word plaaskinders steeds dankbaar, bewoë as die sluise oop is. Daardie wêreld ontgroei jy nooit. 

ʼn TV-program se onlangse besoek aan Vanrhynsdorp het my weer laat onthou van skuinskoek. My ouma se buurvrou, ant Hannie Prins, het soms “skuiskoek” (uitgespreek soos ’n Namakwalander) gebring. Ware Hantam kinders is versot oor hierdie mosbeskuitdeeg wat in olie gebraai is.

Ons het kleintyd gedink dis taamlik droog en verbeeldingloos – nie so soet soos ’n donut of gevul soos ’n vetkoek nie. Vreemd as ek nou daarvan hoor dink ek aan stoepkuiers saam met ouma en oupa. Dit laat my verlang na vygies en daisies en stories. My geweste het nie ’n tekort aan storiekarakters nie. Die mense leef sonder “saaits” en naby genoeg aan mekaar om hul broosheid te openbaar.

Ek skryf nie graag oor Lutzville nie, want dit sou fyntrap en fynskryf kos om geen oorlewende karakter of familie te na te kom nie. Dis lekker om Dana Snyman se stories oor plattelanders te lees, maar ingewikkeld as jy ’n boorling van die geweste is en jou ouers en grootouers bekend is aan die inwoners. ’n Buitestander sou heerlik kon skryf oor Jan Plank, Old Spice, Koos Doppies, Blootvoet, Witbaard, Jan Mandjie, Ant Welbehae, Kees, Bolletjies, Hoepeltjie, Huppelkind en vele minder vleiende byname. Maar te veel van die mense leef nog en hul kinders en kleinkinders lees dalk …

ʼn Goeie storie regverdig die weelde van borduursel. “om die waarheid effe skuins te laat staan” beskryf die skrywer Pienkes Du Plessis dit as hy erken hoe hy sy Jagstories skryf. Hy sê sommige stories kan jy net so oorvertel en ander moet jy plooi en masseer tot hy interessant genoeg is. Hierdie “gemolesteerde” stories is dikwels die juweeltjies wat mense bybly en oordra van geslag tot geslag.

Iemand het gesê die wêreld bestaan nie uit molekules nie, maar uit stories. Uit ander se skandes en skades leer jy lewenslesse. Deur stories en ’n skeut humor leer ons om te leef. Ek hoop jy bederf jouself en jou kinders ook dikwels met lekker stories!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Skuinskoek en skewe stories

  1. catjuggles says:

    Ag ja, stories is wat die lewe maak after all.

  2. engelneels says:

    Ai man, mis nou sommer opnuut die storie kuier rondom die vuur met Richter wat sy storie in Sjinees vertel! Laat die stories rol.

  3. Gerba de Klerk says:

    Hallo Vra bietjie vir jou ma hulle maar daar is in die week n Doppies van Lutzville oorlede.
    Ja, skuinskoek was ook droog vir my, maar nou is dit weer lekker. Van dan van melkkos, net
    soos jou ma kan maak.!! Ag is Albert se antw. oor die vuur nie dierbaar/kosbaar nie.
    Mens kan nie familietye vir enigiets verruil nie Mooi agtermiddag vir julle Baie liefde
    Hoop jou maag is darem kalm Weer eens baie dankie vir die heerlike fudge xxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s