Maer varke en vet robotte

Die afgelope naweek sal in ons familie geskiedenis afgaan as een vir die boeke. My Kaapse ouers kuier by ons en ons het uitgesien na baie spesiale kinderpartytjie.

Die eerste kleinseun word Vrydag 9 jaar oud en ouma verjaar Saterdag. Oupa en ouma kon nog nooit een van ons twee seuns se partytjies bywoon nie, so ons besluit om dit ‘n okkasie te maak vir ouma en albei seuns aangesien die japsnoet ook oor ‘n maand 5 word.
Vir weke al is daar robotte gebou uit karton, blik en plastiek en daar is gebak en gewoel om die robot peloton in gelid te kry. Donderdagaand sit ons almal houtgerus in die sitkamer en wag vir my man wat laat moes werk (lieg!) en daar stap hy in met die grootste verrassing van ons lewens: my sussie wat in Tasmanië bly! Sy het nie eintlik verlof of tyd tussen IVF behandelings nie, so sy het uit Australië gevlieg net vir ‘n 4-nag naweek! Ons was laas almal saam toe ek borskanker gehad het, drie jaar gelede. So dit is waar die varke in die blog se titel vandaan kom. Ons het geskree, gelag en gehuil soos mal maer varke! Net die twee skoonseuns het die geheim help uitvoer – die res van ons het dit verloor toe sy opdaag (om dit sagkens te stel).
Vrydag is daar hard gewerk en gekuier. Ouboet kry ‘n blou robot koek (deur oupa gebou) en kleinboet ‘n ronde laagkoek waaruit smarties peul as dit oopgesny word. Ouma kry haar eie klein pienk robot. Die dogtertjie robot se middellyf is ietwat breed vir haar lengte so ons lag lekker vir haar BMI probleem. Ouma het net twee dogters so sy sou nooit kon droom van ’n robot partytjie vir haar 65ste verjaarsdag nie! Die partytjie en die res van die naweek is vol ballonne, sonskyn, giggel, speel, vonkelwyn, kampvuur stories en feestelike samesyn. Onbegryplike genade en onbeskryflike vreugde. Ons weet weer opnuut – dwarsdeur die storms van die lewe: Familie is Alles.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to Maer varke en vet robotte

  1. Gerba deKlerk says:

    Ai Annabelle ek kan al hoor hoe daai maer varke geklink het! Hoor sommer aan jou skrywe hoe n heerlike nwk dit vr julle almal was Familie is beslis als Baie geluk met Ouboet se verjaarsdag Richter e Drian tel di slapies af As hierdie oupa “die man is” gan ons Durban toe vr di geleentheid Mooi dag e groete daar xx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s