Mense wat hulle kos afneem


Daar kan seker baie kritiek gegee en spot gedryf word met die sosiale media gedrewe siele. Daar is immers diegene wat vals en vol eiewaan is en hul eetgoed afneem vir die uitsluitlike doel om ander jaloers te maak. Hierdie is egter ‘n goedvoel storie, so ons praat nie oor hulle nie.
Ek is self ‘n amateur kosfotograaf. Ek val in die irriterende kategorie wat mense de-vriend oor my vrygewige plasings van alles wat ek bak, braai of bewonder op my bord. As iets mooi blink, drup, wulps rys of kraakvars keurig gestapel is, wil ek dit vasvang. Eerstens om nog jare later daarna te kyk en tweedens vir my foody familie. Dit is my Aussie kos connoisseur sussie en Kaapse ouers wat danksy foto’s permanent naby mekaar voel. Dit sluit ook my Facebook bende in wat waarderend saam kwyl en my wedersyds inspireer met waar hulle eet en wat hulle bak.
Dit gebeur dikwels dat ander se foto’s my na my koekroller laat gryp of my kroos in die kar inprop na ‘n nuwe teetuin. Ons is die nuwe generasie ma’s en vriende wat mekaar se talente eer en soos tannies van ouds resepte en idees uitruil.
Elke vars vy of dekadente poeding wat ek plaas is outentiek ek. Ek dink mense wat hul kos afneem is fantastiese mense. Ek veralgemeen nou, maar dis meestal mense wat waarderend leef. Hulle is in die moment en neem ‘n oomblik om die kos te waardeer en die vreugde met ander te deel. Dis ‘n kompliment vir die persoon wat moeite gedoen het om kos voor te berei – dis ‘n viering van die lewe self.
Of dit jou eerste skewe soetbroodjie is of jou stoute kitskos bederfie, neem gerus daai foto’s met oorgawe en vreugde!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

One Response to Mense wat hulle kos afneem

  1. catjuggles says:

    Ek is mal oor kos afneem maar deel dit meestal op Instagram want daar is die waarderende kosgehoor lekker groot. Dalk moet ek ook meer op Bakkiesboek deel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s