Skoonma se deftige Olifant

My skoonma het vir my ’n wit olifant gegee. Letterlik – ‘n klein wit keramiek olifant met sy slurp in die lug. Hierdie Ollie is in Engeland gemaak en word ’n “Pie funnel” genoem … “vir wanneer jy wil ‘Grand’ wees”. 

Dit laat my dink wat “Grand” nou eintlik is. Wie bepaal dit en wat is die raklewe daarvan? Hoe platvloers is ek dan as ek nog nie eens gehoor het van die olifant-storie nie? Ek kry op Wikipedia die geskiedenis agter die Victoriaanse pastei skoorsteentjie. Vroeër het oonde nie hitte eweredig versprei nie en ’n keramiek voëltjie is oopbek in die middel geplaas vir stoom om te ontsnap. Dit het gehelp dat die pastei nie uitkook en die deeg in die middel sak en pap word nie. In die 1940’s is die voëltjie vervang met allerlei ander ontwerpe en dit is as geskenke gegee vir versamelaarswaarde, eerder as kombuistoebehore. 
Hoe luuks om jou pastei te laat stoom af blaas met ’n ontwerperstonneltjie! Vandag se “deftige” jong vroue bak en onthaal selde. Wat vir ander kulture en generasies sierlik en swierig was, is vir ons onverstaanbaar en soms selfs komieklik. Wat vir my die toppunt van weelde en styl is, gaan vir my skoondogters en kleinkinders waarskynlik ’n raaisel wees. Miskien eindig my skatte ook by die kerk se rommelverkoping waar jongmense lag en wonder wat op aarde ek gedink het! “Grand” is maar relatief en verganklik – ‘n gejaag na wind.
 Sekere goed bly vir altyd “grand”. Die waarde van enige iets word eintlik maar bepaal deur die eienaar en die storie wat saam met die item kom. Ek het net weer besef – versamel, gebruik en geniet jou mooigoed en weet dat die volgende generasie nie noodwendig sal verstaan hoe spoggerig dit jou laat voel het nie! Laat weet my bietjie wat se wit olifante is daar in jou kas?

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Skoonma se deftige Olifant

  1. catjuggles says:

    EKis mal oor outydse “grand” goed – so het ek ‘n silwer tee stel – pot, suiker, melk ens van my een Ouma wat so moeilik is om mooi gepoets te hou dat ek dit nooit gebruik nie. Gelukkig lyk my hou Annecke ook van die mooi ou goed

  2. Lieze Meiring says:

    Haha! Ek hou van grênd

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s