Iemand teen wie jy nie omgee om te verloor nie

Na 15 smoorverliefde jare het ons stadsjapies die besondere voorreg om ons troudag by die see te herdenk. Gelukkig het die wêreld se beste strooimeisie my die dag vooraf herinner.

My sussie stuur gelukwensinge uit Tasmanië net voor haar nag begin en ek skryf terug “Whôôt?? Is dit môre?”
Gelukkig het my geliefde ook vergeet en hy skrik hom flou toe my wekker kliphard afgaan met Die Troumars. So skop een van ons mees onvergeetlikste troudagvierings af met trompetgeskal. Op ons see-TV geniet ons ‘n regstreekse uitsending van Sonop-oor-die-See. Die bruidegom bring koffie in die bed en ons seuns kom kruip in vir ‘n storie. Saligheid in oormaat!
Dan volg ons daaglikse Scrabble wedstryd. Ons selfone het net die Engelse toep, so ek brabbel verwoed, maar manlief bly onoorwonne met die Engelse weergawe van die bordspel waarin ek altyd uitblink. Dis nie soseer dat ek ’n swak verloorder is nie – net mal oor wen! Teen dag 5 hier, het ek so te sê deur al die fases van rou beweeg: ontkenning, woede, depressie en nou aanvaar ek my lot en speel gedweë saam, want dis steeds heerlik. As jy die regte lewensmaat het, voel jy soos ’n wenner self al verloor jy.
Die res van die dag is vol strand, son en seekos. Drie jaar terug was ons troudag gevier in die skadu van borskanker. Op die vooraand van my operasie het ons gaan uiteet en ‘n dapper gesig vir mekaar opgesit. Deur alles het ons liefde net verinnig en ek kyk vanoggend met teerheid en dankbaarheid na my beste maat en ons mooi lewe saam. Ons kamer het ‘n 180 grade uitsig oor die strand en see. Ons sien waar breek die branders en weet ons is vry… Mmmm… ja dis koel na die lang nag en ons groet ons troudag… Genade onbeskryflik groot het U aan ons bewys… Dankie my engel vir wie jy is. Teen jou kan ek maar verloor tot ek ʼn ou tantetjie is!

Finesse blog nr3

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Iemand teen wie jy nie omgee om te verloor nie

  1. Gerba de Klerk says:

    Geniet mekaar!

  2. Gerda says:

    Dit is huilmooi, Annabelle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s