Sardientjies vir Finesse

Ek voel byna soos ‘n kleuter wat uit die speelgroepie oorgeskuif is na die groot skool toe.  Tot nou toe was my Blog net vir lojale familie en meelewende vriende. Van laasweek af blog ek nou ook vir Finesse Tydskrif by Voelgoed.co.za Blogspot.  Dit bied my die geleentheid om heelwat wyer gelees te word en my bediening brei uit.  Hulle bemark hulle bloggers en die blogs kry meer blootstelling.  Ek voel so bevoorreg om saam met bekende leraars soos Jaco Strydom en Radio man Ian Wessels gelees te mag word.  Julle sal dus kleiner en meer gereelde porsies van my kan verwag.  Ek sal alles in WordPress ook plaas elke week.  Dankie aan elkeen wat my die afgelope drie jaar help slyp en opgebou het.  Ek is net so verbaas dat mense my mymeringe lees en soms iets daaruit kry.  Wys jou die Here kan enige iets en enige iemand gebruik!

Hier is my tweede Finesse plasing: https://www.voelgoed.co.za/blog/om-te-wag-vir-sardientjies

Dis byna tyd dat die sardientjies loop. Ons rus op Mtwalume aan die Natalse Noordkus en elke dag sien ons meer bakkies met kratte wat wag om gevul te word, bootjies wat gaan loer hoe ver die vissies is en vistermanne wat ongeduldig rondhang om te help oes. (Viss(T)erman … word Noordkus vissers ook so genoem of is dit ’n weskus ding?)

Die manne wat die see ken sê die groot sardientjieskole is laat vanjaar, want die water is nog te warm. Die walvisse, dolfyne en seevoëls word ook tekens van die tye en ek voel ‘n tinteling van afwagting in my. Die see raak ons TV en die strand ons vesting. Miskien volgende week, verklaar ‘n seeman vol selfvertroue en opgewondenheid.

Ek sou graag hierdie oeroue verskynsel wil beleef, maar ons het nog net ‘n paar dae oor. My man beskryf die golwe vol blink lywe en strande bedek met oorlaaide nette en vispakkers.

Nou raak ek ook ongeduldig met die sardientjies, want ek ly mos VVU (vrees vir uitmis) – die vertaling van die Engelse FOMO (fear of missing out). Wie weet wanneer ek weer by die see sal kom en dit in sardientjietyd? Sê nou dit begin pas na ons weg is?

Dis die seën en die kruis van kanker: die absolute toewyding aan die lewe. Dis ietwat uitputtend en taamlik fantasties om te weet ek het ‘n tweede kans om soveel as moontlik herinneringe saam met my seuns bymekaar te maak. Ek leef in konstante sinsvervoering – honger vir alles wat buitengewoon mooi of doodgewoon lekker is.

Miskien mis ons dié keer die sardientjies, die sneeu en die bunny chow wat ek nog wou proe, maar volgende keer is ons dalk betyds en op die regte plek vir die volgende wonderlike ding! Ek bid dat ek op geen spesiale lewensgebeurtenis sal uitmis nie.  Die lewe is so mooi en interessant! Lewe in afwagting!

sardientjies

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Sardientjies vir Finesse

  1. Gerba deKlerk says:

    Baie dankie Annabelle vir jou mymeringe! Ons geniet dit Soos jy self weet met daai “bojaantjie” wat mar altyd oor di skouer loer moet n mens di lewe voluit geniet e vir almal kosbare herinneringe versamel Oom Braam was gister sy eerste dag voldag kantoor toe So dit vorder xx baie liefde e geniet di skoolvakansie xx

    • Ag dis goeie nuus! Hy is sowaar van sterk stoffasie gemaak. Albei van julle – wat so dapper voortveg en steeds meelewend betrokke is by jul kinders en vriende se kinders! Baie liefde xxx

  2. catjuggles says:

    Ons het ook so in afwagting gehoop vir die sardientjies…. en die sneeu gemis. Maar vir soveel meer wel kans gehad.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s