Beauty spots, biblioteke en ander hemelse oomblikke

 

Vandag het Richter (4) sy beauty spot ontdek.  Hy moes (soos dikwels vantevore) sy mond voor die spieël gaan skoonvee.  Hy kom toe baie omgekrap na my toe oor ‘n bruin kolletjie wat hy nie kan afvryf nie.  (Hy is ietwat perfeksionisties).  My verduideliking het hom gelukkig tevrede gestel, want vanaand verklaar hy baie trots aan sy pa en ouboet, dat sy “booty spot” beteken hy’s baie oulik en aantreklik!

IMG_8419

Dis hierdie ou klein dingetjies wat ek wil opskryf en in my hart bêre.  Ek hoop hy ontdek nog al die mooi goedjies aan sy lyf, verstand en gees wat hom selfvertroue, geloof en vaardighede sal gee om alles te word wat hy bedoel was om te wees.

’n Joernalis-klasmaat doen navorsing oor biblioteke en vra my mening en ek begin dink oor hoeveel waarde  biblioteke al in my lewe toegevoeg het.  Haar  tydskrif artikel se vrae neem my terug na Lutzville se biblioteek waar ek ’n groot deel van my kinderjare deurgebring het.  Liefdevolle en vriendelike tannie Susan Cronje was sekerlik die land se hulpvaardigste en bekwaamste bibliotekaresse . Ek het gereeld die dorpsbiblioteek saam met my ma besoek en later op my eie dorp toe gery met my fiets en my mandjie voorop vol boeke gelaai.  Haar toewyding en passie het almal begeester om te lees en lief te word vir boeke.  Sy het menigte kindertjies leer lees en skooltake help navors.  Ek onthou die biblioteek as ’n mooi, ruim en gelukkige plek vol lig en liefde.  Daar was die mooiste kinderboeke en later al die tiener reekse wat ek vandag nog onthou.  My ouers het ook die mooiste plate geleen en dit was altyd opwindend om te sien watter nuwe verrassings op ons wag.

Die Puk se bib hou ook baie herinneringe, maar baie daarvan het niks met akademie of letterkunde te make nie…  My volgende boek-oase was die Pretoria stadsbiblioteek by Sammy Marks Square.  Dit was vir my ’n toevlug in die middel van ’n stresvolle dag op kantoor.  Die koelte van lugversorging in die somer en die knus gevoel van behaaglikheid in die winter. Vir ’n paar salige minute kon ek wegsink in ’n luukse gemakstoel en tot verhaal kom in ’n lekker storieboek of outobiografie.

Ek is steeds elke keer verras en opgewonde as ek saam met my kinders na Alkantrant se biblioteek in Lynnwood gaan.  Die pragtige nuutgeboude biblioteek met sy vriendelike personeel weerspreek alles wat ’n mens van staatsinstellings en die regering dink.  Ek lees al vir my kinders sedert hulle in my maag was en glo dat lees die antwoord op baie probleme is vir kinders en volwassenes.  Boeke en stories bou verbeelding, begrip en maak jou leefwêreld yslik groot.  Dit is so lekker om elke paar weke  ‘n nuwe vrag  pragtige  kinderboeke en lekkerlees storie bundels vir ons almal uit te neem.  Albert kan nou al selfs skool mondelinge navors en leesboeke kry waarvan hy hou. Daar eindig nou gereeld die interessantste seuntjie boeke op my uitneem kaartjie:  dinosourusse, resieskarre, ruimtevaart en vele onderwerpe waaraan ek nog nooit gedink het nie!  Ons voel na elke biblioteek besoek sommer skatryk met ons mandjie vol skatte.

Sondag preek Auke uit Openbaring oor die Hemel wat klaar besig is om tussen ons te kom en ek weet dadelik dat ek dit met my hele wese kan getuig.  Ek het soveel mooi mense, oomblikke en plekke wat vir my ’n stukkie hemel op aarde gee.  Selfs in siekte en lyding is daar soveel skoonheid en plesier.

Hierdie week kon ek my laaste jaar van my dertigs vier en ek was so dankbaar vir die honderde boodskappe, oproepe en my naaste vriendinne se bederf. Hoe bevoorreg is ek om te kan ouer word, gesond energiek en vrolik te feesvier.  Elke ystervarkie blokkie en vonkelwyn slukkie was vir my soos ’n nagmaal ervaring om te juig oor die voorreg om te lewe.

Miskien is dit wat Dr. Willem Nicol bedoel het in ons Pinkster reeks toe hy gepraat het oor lewe in die oomblik.  Hy het verwys na ’n boek – The Sacrament Of The Present Moment deur ‘n Middeleeuse monnik Jean Pierre de Caussade.  Daar is ’n wêreldwye beweging na ‘mindfulness’ – bewustelike lewe.  Hoeveel dieper en meer betekenisvol kan ons lewens nie wees as ons hierdie ou geestelike beginsels toepas en die teenwoordige oomblik waarin ons saam met God is, eer nie. Ek sal nog baie daaroor skryf, maar laat ek nou eers Capital singers se mooi Engelse vertaling van Gabriella’s Song met julle deel.

 

Gabriella’s Song

I’m alive and I want to live!  I was blessed with life, and I’m grateful.

All my longings have brought me here, what I missed when my life was poor.

And the windy roads that I’ve walked gave me strength and trust to be faithful.

‘Cause I knew there was something more, beyond words, to be waiting for.

 

I’m alive and want to feel it every single day.

I will find a way to live.

I’m alive and I’m convinced that I still have a lot to give.

 

What was me was sleeping inside, but I never ever forgot it.

What was left of dignity.

I can still be happy knowing who I am.

Being strong and being free, see the light inside of me.

I am here, and I know I have a choice.

There’s a heaven for me somewhere, and that heaven I want to share.

As in heaven I’ll be happy here!

IMG_8740

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Beauty spots, biblioteke en ander hemelse oomblikke

  1. catjuggles says:

    Ag ja, boeke en bilbioteke – en boekwinkels. Ontsnap plekke, rustig word, tuisvoel. Waverley biblioteek sal altud spesiaal bly vir my – en Tuks se grote

  2. Hetta Baard says:

    Wat n fees om elke keer jou blog te lees en net dankie te se vir ons Skepper dat Hy jou gebruik om ons te laat besef hoe wonderlik dit is om te kan lewe! Ek loof en prys Hom dat Hy jou gedra het deur die donker tye van kanker en vir genesing. Nou borrel jy van lewenslus en -vreugde. EN jy deel dit met ander!! Dankie Annabelle. God bless.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s