Eskaders vol brullende vreugdes

Die enigma van vlieg het ek nou al beleef danksy ons dierbare vriend Hennie.  Saam met hom in ’n ligte vliegtuigie kon ek nou al verstaan dat lugvaart oor meer gaan as net praktiese Boeings en iets van die passie van die vliegkuns proe.  Vandag het ek egter ‘n voorry sitplek gehad op my eerste lugskou by die Swartkop militêre lugmagbasis.  Daar was ontploffings, sirenes, ’n gedreun en ’n geknal as testosteroon, adrenalien en ingenieursvernuf ontmoet.  Wat ’n kragvertoning van vaardigheid, passie en toewyding!

Die uitstappie begin reeds om ses sodat ons die verkeersknope mis en parkering en goeie sitplek gewaarborg is.  Ek sien nogal op teen die 35 000 mense wat verwag word, maar gewapen met koffie, oorpluisies, proviand en kameras, val ons in die pad.

Die eerste verrassing is die SAAF museum vol geskiedenis oor lugvaart en militêre operasies.  Die reuse stukke masjinerie dwing respek en verwondering af.  Die volgende lekkerte is die lugmag orkes en ‘n reuse- stoet van noodvoertuie.  Ambulanse, motorfietse en ‘n 911 helikopter kom almal verby met ligte en sirenes wat hoendervleis gee.  Valskermspringers land reg voor ons voete en ons voel deel van al die aksie. Hierdie seuntjie-mamma is amper net so opgewonde soos die twee prinse.  Albert verklaar dat ons eendag vir hom ook sal moet kom kyk in die lug.

13177405_10207535222633501_7006532614022481893_n

Daarna word ons bederf met akrobatiese maneuvers en uitspattige wêreldkampioen vliegtegnieke.  Daar was Moth Tigers, Gripens, Allouette, Rooivalke, Silvervalke, Havards, Gyrocopters, Goue arende, Die Hawk, Raptros, Torre Pitts, Albatross en vele meer.  Met name soos Thunder Mustang, Cheetah en Trojan kan julle die opwinding voorstel.

Die oorlogdemonstrasie en vuurwerkvertoning was ook ’n groot hoogtepunt – veral waar ons amper in die hitte van die stryd geskroei het! Daarna klief nog ‘n paar spoedvrate deur die lug en maak windgat draaie en tart die lewe deur die veiligheids grense tot op die uiterste te beproef. Die aarde klink of hy oopskeur en bloed bruis van vrees, vreugde, angs, paniek, skrik, lekkerkry!  Nog nooit was ek so naby aan die Top Gun aksie nie!  Baie dankie seuns vir ’n Moedersdag belewenis soos min! Julle verruim my ervaringswêreld!

13174062_10207535279994935_5595037379600983097_n 13173928_10207535263634526_8480647790831725399_n

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Eskaders vol brullende vreugdes

  1. catjuggles says:

    EK wil graag een keer die lugskou ding doen – ek is effe bang oor Leon se reaksie maar ek dink iewers die jaar is dit tyd

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s