For a Thousand years

Vandag kan ek nie anders as om te probeer skryf oor my Capital Singers belewenis nie.  Ek het nie die musikale of literêre kennis om daaraan reg te te laat geskied nie en ek is een van meer as 400 koor-, orkes- en tegniese lede wat hierdie ervaring deel – en dit veel beter as ek kan beskryf.  Nogtans is ek dit aan myself en my gesin verskuldig om te probeer verwoord hoe dit was.

IMG_0052

Hierdie was Capital Singers se 4de en my 3de massakoor produksie.  Ek is elke keer beter voorbereid op die oorverdowende towerklanke van al die engelstemme om my en die emosionele katarsis wat onvermydelik spruit uit die smeltkroes van skoonheid en goedheid.  Maar steeds betrap dit my onverhoeds op die momente waar my mense in die gehoor is en ek verdrink in die oomblik waar ek my man se oog vang en vir hom sing dat ek hom nog vir ‘n duisend jaar sal liefhê en dat hy die wind onder my vlerke is.

Die orkes trek los met 20th Century Fox se inleiding en Cinema 2016 slurp ons in.  Let the river run laat my rondtas na sinonieme vir lekker, As it is in heaven, my ouma se Moon river, The Mission, Laudamus Te – (TE GROOT), die magiese Conquest of Paradise en Suo Gan. Albert se gunsteling –  Hanging Tree, Now we are free en die Guts en Glory van Eye of the Tiger.

Vir 3 wonderlike naweke in ‘n jaar kry doodgewone sterflinge die voorreg om tot tussen die gerubs en bo-aardse wesens  te gaan partytjie hou en sterstof op te skop.  Baie het al beskryf hoe musiek ’n mens kan transendeer en ’n kykie in die glorie van die hemel gee en dis veral waar van ’n massakoor waar gemiddelde en uitsonderlike stemme meng en saam verhoog word na iets baie spesiaals en ondefinieerbaar. Plomp, bruisende  crescendos, wegsterwende kristal klanke,  dawerende stiltes, robuuste hartklop oerritmes, fantasie en ou gunstelinge verweef  – jammer – al my uitdrukkings klink geyk en ontoereikend.

IMG_0050

So lyk ‘n tipiese CS naweek:  Op ’n Vrydag stap ons taamlik rou en rumoerig in – opgewonde om ons koormaats te sien.  Ons het die musiek vooraf geleer, maar is totaal onvoorbereid op hoe al die stemme en orkes saam klink.  Dan kry ons hoendervleis en bewerasies as die eerste note afskop.  Selfs met die eerste oefening klink die musiek magies. Ons verlustig ons aan Michael en Christo se humor en passie.  Hulle is die cowboys van die koorsaal en hul ambisie, energie en kreatiwiteit dryf ons tot hoër hoogtes as wat ons ooit gedink het moontlik is.  My man beskryf dit die beste:  Michael lyk soos ‘n weer-engel wat tornado’s op klits met sy stokkie en Christo dirigeer soos ’n towenaar wat towerspreuke  ons mik en ontploffings orkestreer.

Vrydagnag slaap ek sleg.  Die kadense en korale maal heelnag in my kop en my brein liaseer al die prentjies wat Christo en Michael vir ons skets.  In die dirigente se eie woorde gebeur daar iets onverklaarbaar tussen 9 en 9. Deur die nag oefen mense of luister  weer na YouTube opnames en snap dit – koorlede kry dit in hul slaap.  Teen Saterdagoggend val al die note en onuitspreekbare lirieke in gelid en kan ons aanvoel die gehoor is in vir ‘n buitengewone ervaring.

Saterdagnamiddag het ons 7 ure se oefening op ons voete deurstaan en in ‘n paar uur moet ons optof vir die openingskonsert.  Ons dames se oë is deesdae oop in die winkels vir die perfekte LBD (Little Black dress) en ietsie roois.  Ons weet nou al die fotos is al wat ons gaan oorhou, so ons poseer saam met almal wat bereid is om saam met ons op ’n foto te paradeer – ja selfs die VIP’s word voorbarig en opportunisties nader gehark!  Saterdagaand se konsert is veels te gou verby en gemeet aan die gehoor op hul voete en almal se waterige oë – was dit vir hulle net so intens spesiaal as vir ons.

IMG_0015FullSizeRender

Sondagoggend is ons meer uitgerus om vir oulaas in ons “Concert Blacks” op te tree.  My kosbare gesin se opsigtelike genot maak die emosie dik in my keel en my stem bewe waar ek moes sing, maar 99 ander soprane staan in vir my.  My hart juig vir die voorreg om in daardie heilige oomblik gesond, gelukkig, heel en lewend te wees.  Die gedeelde vreugde  met die kosbare vriendinne om my, maak dit onvergeetlik.  Almal so effe verlief op die minnesanger Andre Venter en speels- jaloers op die mooie en talentvolle Magdaleen Minnaar – ons soliste.  Nou ken ons die musiek goed genoeg om met selfvertroue en uit volle bors te sing.  Ons geniet elke verrassings element en elke dromslag, elektriese kitaar, viool en fluit laat ons lekkerkry.  Die volle simfoniese  realiteit en die omvang van wat ons in een naweek vermag het,  tref ons dan eers.  Die grootsheid van die musiek, die diepte van al die emosie wat dit by elkeen raakboor en die skoonheid van elkeen se storie en stem wat saamgesleur word tot een finale optrede wat die klankbaan word van ons elkeen se hart vir maande daarna. Asof uit ’n waas raak ek Maandag wakker met ‘n dankbare hart.  Nou begin die afwagting op die volgende heerlike naweek in die dampkring van hemelse musici.

Wat ’n voorreg om dan terug te keer aarde toe na my liefste gesin.  Tuis wag daar vir my ’n helde ontvangs.  My manne het vir my ’n Master Chef Sjokolade koekgebak.  Vir die eerste keer ooit is eiers geskei en egte botter geklits vir fyngebak van formaat!  My liefste engel, dankie vir die ondersteuning en voorreg om my drome te mag uitleef – op koornaweke en elke dag van die jaar.  Jy is my gunsteling mens in die wêreld.  Ek is vir jou oneindig lief!

ons

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to For a Thousand years

  1. catjuggles says:

    Annabelle – julle was fantasties! Ongelooflik! Ek het dit so geniet. In Augustus is ek daar . Ek het jou daar uit die skare gesien en besef jy sing ook . (Ek is saam in die kerk en blog al jaaaare, meestal anoniem na ek gevoel het my kinders word bietjie “expose”) Jy skryf so ongelooflik mooi!

  2. Marieta Scheepers says:

    Ai, Annabelle, ek is vol hoendervleis en my trane loop saam met joune! Ek het nie woorde om vir jou te sê hóé ‘n grOOOt dankie daar in my hart saam met jou is nie! Is daar moontlik ‘n opname van die aand gemaak wat ‘n plattelander sou kon koop? En hou asseblief aan met skryf, jy MAG maar! Liefde, M

  3. amandacl says:

    Annabelle, puik verwoord! Ek is koorfanatikus, Melissa se ma, en via haar, beleef ek keer op keer die wonder van Capital Singers. Met die uitsondering van die heel eerste een, het ons al die ander gaan luister, en ons loop telkens daar weg met die spreekwoordelike lied in die hart

  4. Annabelle, hier sit ek alweer snot-en-trane en tjank. Cinema was ook my derde keer! Baie dankie dat jy jou belewenis gedeel het – ek voel dieselfde; het vanoggend so effe stywerig van al die staan uit die bed geklim en besef dis vir eers klaar. Gelukkig net ‘n paar maande voor ons dit weer doen. Gans en gaar vandag die China Mall aangedurf om ‘n “touch of red” te gaan soek; kan mos nie Cinema se rooigoed vir Musicals dra nie… See you on the other side!

  5. Gerda says:

    Annabelle, jy skryf so mooi dat dit vir my voel asof ek saam met jou daardie hemelse belewenis gehad het. Saam met jou is ek dankbaar vir die wonderlike gesin wat jy het. Ek is nou behoorlik tranerig!!!

  6. Toortsie says:

    Nou gaan ek soek en soek en soek … vir die Stellenbosch een!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s