Afrika Katedraal

Vandag het ons gesin die voorreg gehad om die grootste boom in Suid Afrika te besoek.  

Hierdie majestieuse ou reus staan vermoedelik al van Bybelse tye af daar. Pieter het die begeerte uitgespreek om al die vrae oor die lewe vir hierdie ongeveer 2000 jarige oupa te vra. So klein voel ons daar onder die massiewe pilare van hierdie byna heilige wonder van die natuur. 

By Tshipise lees ons toevallig die naam “Big tree” en kry vae aanwysings na hierdie oënskynlik onbenullige besienswaardigheid. 

Veels te diep op die ou buurstaat se sinkplaatpad begin ons wonder oor die uitstappie se veiligheid en nodigheid. Dan het ons al te veel daarin belê om om te draai en ons wikkel skommelend en stamperig teen slakkepas voort.

Ons kronkel deur Venda se prentjiemooi boabab wêreld met sy hartbeeshuisies en donkiekarretjies. Oral sien ons kaalvoetkinders speel en hoor ons die beeste se klokke om hulle nekke. Die veld is goudgeel van veldblomme na die lieflike reën en herinner aan Namakwaland se blomplate. Groepies vroue kuier in gesellige kringetjies of skoffel op ‘n lappie grond. 

Dis ‘n ander wêreld as wat ons ken. Ons voel soos toeriste wat bitter min verstaan en alles wil afneem. 

Dan kom ons by ‘n hek en die vriendelike wag vra R90 en ek huil amper van skok oor die uitbuiting, want ek sien ‘n groterige boabab naby die hek en dit lyk glad nie anders as die waarby ons verby gery het nie.  Die wag oortuig ons egter om die bospaadjie dieper te volg en dan skielik troon die ou boom soos ‘n manjifieke kasteel uit die grond.  Ons is stil – eerbiedig stomgeslaan.  Sekerlik een van Sy grootste kunswerke. 

Terug op Tshipise gebeur nog ‘n monumentale oomblik: Richter se fiets se sywieletjies kom af en hy ry sy eerste wankelrige rit met ons arms wat om hom gereed is om te vang. Ek weet dis presies hoe ons Vader saam met ons draf deur die lewe. Altyd gereed om ons regop te hou en in die pad te hou. Vandag was ons “off the beaten track” en dit was ook ‘n fantastiese nuwe belewenis.  Waag dit op vreemde klein paadjies en lewe gulsig! 

Hieronder is ‘n paar statistieke en ‘n paar selfoonfotos.

Wikipedia sê:

The Sagole Baobab or Sagole Big Tree is the largest tree in South Africa. It is located east from Tshipise, in Vendaland, Limpopo Province and has a trunk diameter 10.47 metres. Sagole Baobab  has the largest size overall and is 22 metres high and the crown diameter is 38.2 meter.

 img_8523 img_8518 img_8542 img_8564 img_8493 img_8509 img_8548 img_8521 img_8532 img_8527 img_8525 img_8499

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Afrika Katedraal

  1. Avis Perks says:

    What a beautiful tree. Love the heading and your description. Your and your family are really the most intrepid and adventurous travelers! Thanks for sharing.

  2. Gerda says:

    Soos gewoonlik het ek my weer verlustig aan jou mooi beskrywende skryfstyl. Dankie dat ek kon deel in ‘n natuurwonder wat ek andersins sekerlik nie sou ervaar nie. Met baie liefde van Tannie Gerda vanuit die Baai

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s