Bang ma begeer vakansie op ‘n ander planeet

Ek kan al die lamppaal koerantopkrifte sien.  Niemand oordeel nie, want alle ma’s begeer heimlik om te ontvlug.  My eie ma het dikwels gedreig om “Lapland” toe te emmigreer! Ek verstaan dit nou eers…

Die lewe is moeilik en besig.  Ons wêreld en land is vol probleme, onverdraagsaamheid en ons veiligheid word bedreig uit elke denkbare oord.  Asof die droogte en onsekerheid oor krag, water, sanitasie, onderwys, medies en beroep sekerheid nie genoeg rede tot kommer is nie, is daar daagliks nuwe terreurgroepe, nuut ontdekte siektes en virusse en nuwe korrupte skemas en slenters wat ons gesondheid, huwelike, kinders en ons lewensvreugde bedreig.  As ek net na my onmiddellike familie en vriendekring kyk, is die grootste oorsaak van van probleme die goed binne-in ons eie kop en lyf.

Ek is seker die gemiddelde ma bekommer haar in die bestek van ’n week oor meer sake as wat die FBI het om op te los.  Vir party van ons is ‘worry’ ’n stokperdjie.  Ek verdedig my stokperdjie deur dit beplanning en proaktiewe probleemoplossing te noem.   Deur die loop van een dag beplan ’n ma vir so baie gevare.

Wat maak my kind bang? Hoe leer ek hom om sy emosies te hanteer?  Eet my kind gesond? Lyk hy netjies en skoon?  Oefen hy genoeg? Ken hy sy tafels?  Het hy genoeg energie?  Is hy gelukkig? Wat as hy wegraak? Sal hy die skoolwerk baasraak? Sal hy sy praatjie met selfvertroue gee? Kies hy goeie vriende? Sal die juffrou hom mooi hanteer?  Weet hy dat ek hom lief het?  Sal ek betyds agterkom as daar fout is? Sal hy my selnommer kan onthou in ’n krisis? Sal hy alles onthou wat ons hom probeer leer? Sal hy sy volle potensiaal bereik? Waar gaan hy eendag veilig studeer en werk? En hierdie is net die vrae wat voor ontbyt deur my gemoed jaag.

Natuurlik vrees ek ook verwerping, stof, spinnekoppe, misdaad, armoede, natuurrampe, wêreld oorloë, lyding, siekte en dood, maar boaan die lys is my kinders.

Ek wens dit was moontlik om vlugtige vakansies te onderneem na ’n ander planeet.  Iets soos ‘n tydelike hemel waar alles mooi, rustig, spasieus en lekker is. Iewers waar ons geldeenheid hooggeag word en ons gesondheid nie in die weegskaal kan kom deur oordadige oormaat nie.  Dis natuurlik lekker onrealisties, maar sê nou maar is ’n lekker sê.

Daar is (nog) nie vakansies op ’n ander planeet nie.  En soos elke ma met klein kinders weet, vakansies op aarde is ook stresvol.  Deur hierdie lewe moet ons kom.  Dit is jou keuse om dit vol goeie herinneringe te maak en elke oomblik te geniet, want voor jy besef is dit verby.

‘n Baie goeie fliek het my nou weer laat besef hoe nutteloos bekommernis is. Niemand kan voorspel hoe skeef dinge kan loop en hoeveel gevare afgeweer sal moet word nie.  Die lewe is soms vreemder as fiksie en kort voor lank bevind jy midde-in ‘n krisis waar jy in jou lewe nooit verwag het om te wees nie.

Nataniël sê die geheim is asemhaal.  Ek glo ook in genoeg slaap, lysies en arms vol kundige advies.  Omring jou met vriendinne wat begryp en sonder oordeel luister.  Dis ’n keuse om nie ’n ‘worrier’ te wees nie, maar eerder ’n ‘warrior’  te word. Al wat jy kan doen, is om elke dag al jou krag, verstand en talente in te span en vol hoop te lewe. Fokus net prakties op die volgende uitdaging.

Jy hoef dit net tot môre te maak.

Kyk gerus die fliek The Martian.  Hier is my gunsteling aanhaling aan die einde van die film:

Mark Watney: “At some point, everything’s gonna go south on you… everything’s going to go south and you’re going to say, this is it. This is how I end.
Now you can either accept that, or you can get to work.
That’s all it is. You just begin.
You do the math.
You solve one problem… and you solve the next one… and then the next.
And If you solve enough problems, you get to come home.”

Vir hom was dit terug aarde toe, vir ons – die Ewige Paradys.

photo-1447433768642-e424729ed767

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Bang ma begeer vakansie op ‘n ander planeet

  1. Gerda van der Westhuizen says:

    Ai, was dit nou nie ‘n lekkerlees-inhoud nie!!! Baie dankie.

    Gerda van der Westhuizen

    Tel. 041 583 2329/084 4326680

    E-pos: grdvndrwsthzn@gmail.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s