Broosheid

Vandag ploeg ek (met permissie) met Ds. Nico se kalwers.  Sy preek het Sondag so mooi geresoneer met my hart.

Vulnerable

Hy het gesê broosheid is ten diepste wat van ons mense maak.  Ons steek dit egter weg vir mekaar, want ons is bang vir bejammering, verwerping en oordeel.  Dan is daar die vrees dat jou broosheid nie regtig opmeet teen ander s’n nie.  Wie het nie al gewaag  om jou storie te deel en dan kom die antwoord – maar het jy gehoor wat met Mý gebeur het … of met Dáái ou? So asof jou verhaal nie erg genoeg is nie.  Weet egter jou storie is uniek en jou broosheid is heilig.

vulnerability-is-our-most-accurate-measurement-of-courage

Verder sê hy gaan broosheid hand aan hand met dapperheid, want dit kos moed om broos te wees voor mense.  Dapperheid in sy oer vorm dui op jou kern, jou hart – dit is dus die moed om jou storie met jou hele hart te vertel.

Courage-Brene-Brown

Ek was verstom hoe mense reageer het op my blog, wat begin het as ‘n borskanker blog.  Ek het hierdeur geleer dat mense broosheid eer en dit nooi hul uit om ook hul broosheid te deel. Natuurlik het dit baie risiko vir seerkry en kritiek, maar dit weeg nie op teen die hoeveelheid mense wat jy onbedoeld daarmee seën nie.  God  hou jou styf vas en selfs jou broosheid kan hy tot Sy eer gebruik.

So was my kleinsus ook laasweek dapper genoeg om haar blog op sosiale media te deel.  Lees gerus haar moedige en uiters vermaaklike vertelling van hulle IVF reis. Buiten dat sy ‘n puik storieverteller en skrywer is, plavei sy die pad vir haar lesers om hul stories ook met hul hele hart te vertel. Ek is so trots op haar.  Gaan lees gerus haar verhaal:

aneldablog.wordpress.com

courage-roar_1

Broosheid is mooi en iets om te bewonder en na te streef.  Dit stel ons in staat om die mense om ons se omgee en sorg te ontvang en beleef.  So vind jy uit wie is jou gemeenskap (community). Mense wat broos leef, is ook sag teenoor ander se broosheid.  Hulle weet ware rykdom is in verhoudings – nie goeters nie.  Hulle het geleer jy kan dinge geniet sonder om dit te besit.  Jy kan rustig asemhaal, want God se tyd is perfek en alles is in Sy hand.

“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 2 Kor12:7-10

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s