Driemaandelikse ondersoek

Dit is heerlik om deesdae te blog sonder dat die woord borskanker opduik, maar vandag kan ek nie anders as om te skryf oor my opvolg ondersoek nie.  Ek dink ‘n jaar van kankerbehandeling is ook maar ’n groot stuk trauma wat tyd vra om  te verwerk.  Aan die begin het dit gevoel of ek nooit weer normaal sal voel nie of normaal sal kan optree tussen gesonde mense nie.  Intussen het ek geleer ’n mens moet ook sagter met jouself  wees en jouself tyd gun om weer aan te pas.

Ek kan sê dat dit al baie beter met my gaan, dis nie meer die eerste ding waaraan ek dink elke dag nie en ek voel nie dis nodig om myself  aan vreemdelinge voor te stel as ’n ‘survivor’ nie.  Niemand dink meer my haarstyl is vreemd nie en  al my kopdoeke is nou net serpe.  Ek raak nog baie emosioneel as ander kankerlyers my pad kruis.  Vir jare sal ek seker nog bekommerd wees oor opvolg ondersoeke.  Vandag s’n was besonders moeilik.  Ek kan nou vir die eerste keer weer self-ondersoeke doen aangesien dit voorheen nog te seer en geswel was na die operasie en bestraling.  Verder was dit ook geswel a.g.v. limf, maar nou is dit vir die eerste keer goed onder beheer danksy die aqua klasse.  So voel ek dan toe ook knoppe wat my toenemend bekommerd maak.  Ek skryf dit toe aan wondweefsel, maar weet ook dat die wond self baie dikwels kwaadaardig raak.  Soos die datum vir my onkoloog afspraak nader kom, raak ek al hoe banger en na ’n uur in die wagkamer is ek oortuig ek sal gestuur word vir ’n string CT Scans, en biopsies!

Die dokter beaam egter dat dit weefsel -letsel is en die spesifieke knop wat my gepla het, is ’n stukkie hegtings garing!  Ek huil van verligting.  Ek mag uitbundig voortgaan om my gesin te geniet, musiek  maak en myself hart en siel in my werk uitleef.  Wat ’n voorreg om gesond te wees met hope energie, tyd en voorregte wat min ander beskore is!

My vriendin wil vonkelwyn bring, maar tot dan sal die gebakte kaaskoek in die yskas moet deug. Dis natuurlik my sussie se skuld, want sy bring gereeld  ’n sak vol verrassings en stories met haar saam uit Aussieland.  Hierdie jaar was dit die nuutste My Kitchen Rules reeks, waarin hul die verleidelikste skeppings optower wat ons dan eenvoudig moet proe!  Vir die wat ook verlei wil word – hier is die maklike resep wat ek gebruik het. 



  Gebakte suurlemoen kaaskoek vir Feestelike okkasies!

Bestanddele

’n Pakkie Marie- of Tennis koekies fyngemaak

2 Eetlepels margarine gesmelt

500g Roomkaas sag gemaak

¾ koppie strooisuiker

Fyn gerasperde skil van een suurlemoen 3 eiers

¼ koppie suurlemoensap

Metode

Voorverhit die oond tot 160°C  of 140°C as dit ’n waaier oond is.

Druk die koekies en margarine mengsel vas op die bodem van ’n gesmeerde koekpan.  Ek het ’n los-boom pan wat ek met waspapier uitvoer teen die kante, sodat die koek nooit uitgedop hoef te word nie.

Klits die roomkaas, suiker en skil tot romerig.  Voeg eiers een vir een by en klits tot alles gemeng is.  Voeg suurlemoensap by en klits vir 1 minuut.  Gooi  die mengsel op die kors in die pan en bak vir 50-60 minute. Die vulsel mag nog effens sag wees in die middel.  Koel af in die oond, met die deur effens oop.  Koel af vir 4 ure in die yskas.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Driemaandelikse ondersoek

  1. Gerba de Klerk says:

    Annabelle so bly saam met jou dat dit goed gaan met jou!! Kan jy glo dat n stukkie garing n mens kan bekommerd maak!! Geniet jou man e kindertjies Ons klompie tel die dae af vir Wildtuin toe gaan Drian voeg net elke dag meer diere by die Groot 5 Gisteraand was dit sommer dinausaurisse (spelling?) ook Mooi dag vir julle Heel lekker nat by ons xxx

  2. Marieta Scheepers says:

    Ai, Annabelle, dat jy SO normaal dink!! Ek terg nou, maar na 12 jaar van hiper gesond wees, herinner ek my nog gereeld dat ek nooit moet laat slaplê nie, ons is ons eie eerste verdedigingdlinie. Ek is so so dankbaar saam met jou, jy bly vir my ‘n inspirasie. En die resep is op pad na my boek toe… ” Annabelle se Kaaskoek” Dankie vir die deel daarvan! ♥♥

  3. Hetta Baard says:

    Ja-nee,geen opvolg-besoek is sonder stres nie! Nie dat n mens kleingelowig wil wees nie,maar die ” sê
    nou maar”-gedagtes is so menslik! So bly jy’t weer die een 100% geslaag…nou skyn die son weer helderder en die lug is sommer blouer! Geniet jou gesinnetjie en bly net die sonskyn-mensie wat jy is! God bless!

  4. Maaike says:

    Liewe Annabelle, en so laai jy Richter elke keer by my af met die mooiste glimlag op jou gesig en geen teken van stres en innerlike worsteling! Dis waarvoor ek jou die heel meeste bewonder!!!!! Dat jy met God se seën en genade aangegaan het deur alles en dat jou seuna altyd veilig en geborge gevoel het deur die hele proses en nooit angstig gevoel het nie. Ek is seker dat dit net so goed gaan met liewe ouboet Albert, ek het hom net nie gesien in daardie tyd nie. SO dankbaar saam met jou!en jou gesin! Hier kom baaaaie roeivakansies nou! Gaan definitief daardie heerlike resep uit probeer as my sus van Engeland in Augustus kom, dit lyk njammie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s