‘n Kwartaal vol musiek

harp dromMitas koor2

Soos wat ek hier sit en tik, dreun die dawerende tromme en soet koorklanke nog in my kop. Is musiek nie die wonderlikste saambinder van mense oor alle grense heen nie en in ‘n koor is jy deel van iets veel groter en mooier as jou eie nietige bydrae.  Hierdie kwartaal het ek my liefde vir musiek gevier met ’n oordosis hoendervleis oomblikke!  Wat ‘n voorreg om jou passies te ken en te kan uitleef!

Sommer op die eerste Sondag is ons kerk gevul met die Nuwe Apostoliese Kerk se Jeugkoor en hul volle simfonieorkes onder leiding van Edwin Mitas. Ons kerkkoor het die rare voorreg gehad om saam met hulle hemelse musiek te maak.   My kitaar is ook afgestof en met ’n klankversterker toegerus vir die gemeentekamp.  Daar was ook pragtige kerkmusiek in die voorsang groep en helaas die onvergeetlike massa koor.  Capital singers’400 van Christo Burger het die NG Kerk Universiteitsoord se dak gelig het met die musiek van Retief Burger, Karl Jenkins, Joe Niemand, Chris Lamprecht, Joe Niemand, Mauritz Lotz, Mozart ens.  Enige koorlede kon inskryf vir ’n naweek se repetisies en twee optredes.  Ek het baie min geslaap van al die opwinding en mooi musiek en het meeste van die tyd gevoel of ek wil huil en vlieg! Ek moes heeltyd my hart vashou dat hy nie by my keel uitspring nie.  Wat ’n onbeskryflike, grootse ervaring.  As it is in Heaven….

Die skool kwartaal het ook sommer op ’n hoë noot begin.  Albert se juffrou praat ons moed in vir die jaar wat voorlê by die oueraand.  Sy sê dat haar doel net is om ’n liggie in elke kind se hart aan te steek, wat hul lewenspad kan verlig.  Dit kom uit “Bonfire Heart” deur James Blunt.  Sy noem ook terloops dat dit haar 16 jarige gestremde dogter (een van ’n tweeling) se gunsteling sanger is en dat dit haar grootste droom is om hom te ontmoet – veral aangesien hy Suid-Afrika toe kom.  Na die vergadering besluit drie van ons ma’s dat so ’n wonderlike mens, ma en juffrou  regtig so ’n ou gunsie verdien en ons besluit dat ek ’n brief moet waag na “Jakaranda fm” se “Good Morning Angels”.  Buurvrou gebruik ook haar PUK kontakte in “Caring Daisies”, maar ek verwag niks.  Vir weke hoor ons niks en teen die naweek dat James Blunt in Johannesburg optree, het ek alle hoop laat vaar.  Maar oor die naweek kontak die “Daisies” en “Big Concerts”  haar en alles gebeur baie vinnig, sodat ek Maandagoggend vroeg ’n SMS kry:  “Annabelle, jy sal nie glo nie, ons het gisteraand vir James Blunt ontmoet!”  Hy is toe die nederigste man vol omgee en empatie.  ’n Onvergeetlike, onverwagse ervaring vir hulle gesin en almal wat dit selfs net tweedehands ervaar het saam met hulle!  Ek weet nou “Caring Daises” is ’n groep oud-Puk vriendinne wat geld insamel en elke kans wat hul kry om iemand te verras, seën en help, aangryp!  Ek leer ook weer: wie nie waag nie wen nie en vra vir wat jy wil hê!

Nog ’n hoogtepunt die kwartaal was al die nuwe mense wat ek ontmoet het.  Daar is nuwe aqua vriendinne, ma’s wat ek by die kinders se swemlesse leer ken het, nuwe lidmate, nuwe kleingroepe, nuwe koormaats en nuwe ma’s in Albert en Richter se klasse.  Wat ’n rykdom van nuwe stories, ervarings en kennis.  Ek is geseënd met so baie mooi mense in my lewe.  Ons gemeentejaar student – Méri, het juis Sondag verduidelik hoe wysheid ook beteken om netwerke van verhoudings tussen mense te bou en versorg. Wat ’n absolute voorreg om in ’n pos te wees waar ek nuwe netwerke kan ontwikkel en die skakels tussen mense kan vind.

Oor ’n week is dit Paasfees en my Aussie sussie kom kuier, so my hart is lig en kinderlik opgewonde oor al die kuiers saam met vriende en sus en my drie manne!  Ek wens almal ’n tyd van verootmoediging en rus toe.  Dit was ’n lang, besig kwartaal en soms het ’n mens se siel net nodig om weer jou lyf in te haal.

Ek sluit af met “Song 23” Hierdie is absoluut die beste opsomming van waar ek nou is.(Gaan luister gerus na Joe Niemand se Song 23 op iTunes)

The Lord is my shepherd;
I have all that I need.
He rest in green meadows;
beside peaceful streams.
He renews my strength to honor His name.
And though I’m walking the valley of death,
I will not be afraid,
‘cause You’re right here with me.
To comfort and protect me

You prepare a feast for me
in the presence of my enemies.
You honor me with blessings of security
Your unfailing love

I Know will follow me
all of my days into eternity
and I will live in You house my Lord
eternally.

koor

 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to ‘n Kwartaal vol musiek

  1. Rinda Kotze says:

    Altyd lekker om jou blog te lees Annabelle!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s