‘n Huis van liefde

Ek is baie lief vir Kersfees.  Al die afwagting, opwinding, geheimhouding, kerslig, soetgoed, blinkgoed, Kersliedere en saamwees met hartsmense vul my met kinderlike gelukkigheid.  Ek moet eerlik sê ek gee nie baie om wat die wortel van die meeste Kers tradisies is nie.  Of die oorsprong nou lê by Europese heidene of Katolieke, maak aan my geen verskil nie. Vir ons familie is dit bloot alles simbolies van Christus se grootste geskenk wat ons met liefde en dankbaarheid kan gedenk.

Vandat ek kinders het, is daar selfs meer rede om oorboord te gaan met tinsels en Kerskoekies.  My seuns was hierdie jaar oud genoeg om vir die eerste keer self die boom te versier en die Geboorte toneeltjie uit te pak.  Ons is lief daarvoor om die Advent kerse 4 Sondae vooraf te begin brand: Hoop, Vrede, Vreugde, Liefde en op ou-Kersaand die Christus-kers.  My kinders is ook gek oor my tuisgemaakte tinfoelie en toiletrol Advent kalender  vol klein geskenkies vir elk van die 25 aande voor Kersfees.

Ek het intussen  gelees dat hierdie rituele alles gom is wat gesinne saambind.  Dit laat kinders geborge en gekoester voel en dit bou herinneringe wat hul op hul lewenspad kan saamneem.  Rituele help ’n mens tot rus kom, stil word en fokus op die dinge wat regtig saak maak.

Hierdie jaar het ek en die seuns iets aangepak wat ek nog altyd wou doen!  ‘n Gemmerbrood huisie.  Gaan lees gerus oor die geskiedenis van gemmer en gemmerkoek  wat lebkuchen – life cake genoem word deur die Duitsers omdat die gemmer die koek preserveer  om lank gebêre te word.  Daar is ’n eeue oue tradisie van monnike en nonne en later die gemmer bakkers gilde wat volgens wetgewing net tydens Paasfees en Kersfees gemmerkoekies kon bak.  Daar is ook ‘gingerfairs’ gehou en die versiering van koekies met onder andere goudblad was tot ’n kunsvorm verhef.  Teen die 18 de eeu het die Grimm broers se verhaal van Hansie en Grietjie die bak van ’n eetbare gemmerkoek huisie baie gewild gemaak.  Die tradisie het ook versprei na Swede en Finland en saam met Europese  emigrante na Amerika.  Vandag nog bou kinders saam aan hierdie huisies en versier dit met lekkers en versiersuiker om die noorde se sneeu te simboliseer.  Die internet wemel van resepte en tegnieke vir een-slaapkamer gehuggies tot multiverdieping kastele.  Ek is geen kenner of professionele versierder soos my inspirerende vriendinne nie – so Maretha en Karin moet asb. nie verder lees nie!

Hier is die Lombards se eerste poging:

IMG_5442

Lees ook gerus vêrder as jy die stap vir stap foto’s en aanwysings wil hê.

Die eerste dag meng jy net die deeg en laat dit oornag rus.  Geniet die bekende geure van gesmelte heuning en speserye uit die ooste.

IMG_5370 IMG_5368

Nou moet jy jou helpertjies inspan om die patroon uit te knip en die los dele van die huis uit die deeg te sny.

IMG_5396 - Copy IMG_5399 - Copy IMG_5401 - Copy

Baie mense kies om die vensters en deure uit te sny voor hul dit bak. Ek het dit sommer net op geteken. Probeer om die dak so dun as moontlik uit te rol sodat dit nie te swaar is nie.

Terwyl die koek-panele bak, kan jy die gom maak wat alles aanmekaar gaan plak.  Jou eiers se grootte gaan dalk bepaal dat jy nog ekstra versiersuiker sal moet gebruik om die mengsel dik genoeg te maak.

IMG_5408 - Copy IMG_5406 - Copy IMG_5410 - Copy

Nadat die panele afgekoel het, kan jy die konstruksie aanmekaar begin sit.  Sommige resepte sê jy moet eers aan die einde versier, maar ek het verkies om dit klaar te doen terwyl hul plat lê.

IMG_5413 - Copy IMG_5423 IMG_5428IMG_5419 - Copy IMG_5427

Die spuitsak werk lekker en jy hoef geen ondervinding van suikerkuns te hê om die huisie mooi te maak nie.  Alle foute kan met lekkertjies weggesteek word!

Die mure moet eers stewig geanker word aan ’n plat oppervlak soos ’n houtbord.

IMG_5429 IMG_5430 IMG_5431

Laat alles eers hard word voordat jy die dak opsit. Dit is beslis die moeilikste deel en twee hande is beslis te min!  Gebruik ook goeters om alles in plek te hou terwyl die versiersel hard word.

IMG_5434 IMG_5435

Die deeg-beslag is genoeg vir ekstra koekies ook.  Hopelik sal die gemmerbrood mannetjies en boompies my span gelukkig hou voordat ons die huisie gaan verorber!

IMG_5438 FullSizeRenderIMG_5439

Hier is die resep en patroon wat ek gebruik het.

250g heuning
100g suiker
100g margarine
2 eiers
1/2 tl fyn kaneel
1/2 tl fyn naeltjies
1/2 tl fyn gemmer
1/2 tl fyn kardemom

(of vervang al 4 speserye met 2 tl gemengde speserye)

500g koekmeel
1 tl koeksoda
1/2 tl bakpoeier

Klits die eiers en speserye saam en voeg by gesmelte heuning, margarine en suiker-mengsel.  Voeg die oorblywende droë bestanddele by en vorm ’n swaar deeg wat jy bedek en buite die yskas laat rus vir 12 ure.

Koninklike versiersel (Royal Icing)

3 eierwitte
250g gesifte versiersuiker

Klits die eierwitte styf en roer die versiersuiker in.  ’n Spuitsak met ’n klein punt werk lekker as jy deftige patrone wil skilder.

Volg hierdie skakel vir die heel eenvoudigste huisie:  Gemmerbrood huisie patroon

Geseënde Christusfees almal!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to ‘n Huis van liefde

  1. Neels says:

    Lyk soos Hansie en Grietjie se huisie. Of is ek nou deurmekaar??

  2. Gerda vd Westhuizen says:

    Jislaaik, Annabelle – die resultaat is pragtig!! Lyk en klink na groot werk, maar ook groot pret. Tannie Gerda PE

  3. Hetta Baard says:

    Pragtig!! En dis nou “brandhoutjies vir die herinneringsvure”. Glo dit maak n groot indruk op die kindergemoed,en sal lank onthou word! Dankie dat jy dit met ons deel. Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin. Liefde

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s