Lewe in oorvloed

Liewe lesers

Dit is lank sedert my laaste skrywe, maar geen nuus is goeie nuus!  Die waarheid is dat ek bietjie bang is dat ek almal jaloers maak met al die opwinding en lekker dinge in my lewe!

Sedert ons laas gesels het, was ek vir een nag terug hospitaal toe – net om my galblaas en port te laat verwyder.  Interessant genoeg moes my pa s’n ook ’n dag na myne uit! Soos almal voorspel het voel ek heelwat beter noudat my galsteen en –blaas uit is.  Ek kan nou enige iets eet en drink sonder nagevolge! Alhoewel baie luuks, was Montana hospitaal steeds toegerus met lang waglyste, blou bloomers, narkose, floutes wat jou stroop van beheer en waardigheid.

GIFSec.com

Ek het ook my heel eerste mammogram gehad.  Ek weet ek is veronderstel om julle almal op te sweep om dit jaarliks te kry, maar ek kan net my goeie vriendin se woorde leen deur dit as molestasie te beskryf! Doen dit maar – dis soos ‘n papsmeer en ’n rybewys hernuwing.  Nie lekker nie – maar nodig.

photo 1

My eerste drie-maandelikse ondersoek is ook agter die rug en die dokter is tevrede met my – dis nou een persoon wie se opinie oor my taamlik belangrik is! Paul en Christa – julle bly in ons gebede…

onk

Intussen het ek besluit om my blog te herdoop tot “mooi lewe”  of soos dit poëties van die tong rol in Italiaans – Belle la vita – Beautiful life.  Al wat ek nog altyd wou doen – en nou meer as ooit is om ’n mooi lewe te leef.  Myself met al die mooi in die lewe te omring.  Ek wil doelbewus al die mooi dinge opslurp en indrink.  Dit beïnvloed al my keuses – die mense in my lewe, boeke, stories, dekor, kos, reis, tuin, ontspanning, musiek, projekte, kinders, klere ens. ens.  Maar dis ook ’n ingesteldheid en ‘n lewensuitkyk om die mooi te soek in soms onopsigtelike en onverwagse plekke en mense.  Meer daaroor in die toekoms.

photo 3

Op die trant was ek die afgelope ruk al twee keer in die bosveld en vir ’n week in Kaapstad (weer!).  My Facebook-blad irriteer mense daagliks met my twee pragtige seuns en hulle oulike pa wat poseer by my splinternuwe wiele in ons skouspelagtige pers stad.  Daar is honderde foto’s van mooi goed wat in ons Lente tuin blom, spesiale etes en heerlike kuiers saam met sussie wat weer kom kuier het (dankie Karin dat jy getrou het!) en rondrits saam met oupa en ouma.  Nooit gedink my ma sal op ’n metro trein ry nie, maar die roete strandlangs van Kalkbaai tot Simonstad was prentjiemooi!  Wie kan nie inspirasie kry vir enige kunsvorm in die Kaap nie?  Die Brass Bell se kalamari en Babilonstoren se vrugteboorde en groentetuine was ook ’n verrukking vir die sintuie.  ‘n Skoolvriend Hennie, wou kamma terugbetaal vir al die afskryf op skool, deur vir ons ‘n 6 sitplek Cessna vlug te reël oor die Boland en Strand.  Nog ’n nuwe en opwindende ervaring en pragtige uitsigte oor die winderdlande en see – Baie dankie en baie geluk met jul splinternuwe prinsessie!

Ek is ook die trotse ma van nog ‘n onderbroek-draende klein seuntjie.  Ek moes dit uitstel tot hierdie lente omdat ek laas jaar die tyd nog chemo gekry het, maar dit was die regte tyd vir Richter en dit het eintlik verspot maklik gegaan!  Ek sal myself as geen deskundige van borsvoeding, tandekry, pottytraining’, slaapafrigting, skoolgereedheid, kan verkoop nie, maar ek het heelwat raad as iemand soek!  Dis darem regtig die hardste, maar mees lonendste werk op aarde!

Laastens wil ek ook my vriendin gelukwens met haar nuwe blog.  Lees dit gerus en stuur aan vir almal wat sukkel om swanger te raak.  Ek glo dit is waar mense bereid is om kwesbaar en eerlik te wees, dat God hul kan gebruik en geweldig laat groei en seën. Ek weet jou storie gaan baie mense se harte aangryp en lewens verryk. Hier is die pragtige Anneli en haar man Jurgen.  Haar ma (tannie Hetta) was my kitaar juffrou.  annelihumer.wordpress.com

anneli 2anneli

Baie dankie vir elkeen wat my lewe mooi gemaak het die jaar!  Mag julle ’n geseënde, rustige Kerstyd beleef en net aan mooi dinge lugtyd gee in jul harte en lewens.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Lewe in oorvloed

  1. ellaukblog says:

    Dankie Annabelle, dis altyd verfrissend om jou blog te lees

  2. Jossie Visser. says:

    Annabelle………………my trane vloei van dankbaarheid oor jou…………oor al die mooi van die verlede maar veral oor al die die mooi wat nog wag ! Liefde. Tannie Jossie.

  3. Avis Perks says:

    Love the new name of your blog and your search to surround yourself with beauty – very inspiring! Does that mean all your friends are Beautiful People? I hope so!

  4. Hetta Baard says:

    Ai Annabelle! Altyd lekker om jou blog te lees! Prettig,eerlik en vol inspirasie! Ons internet was nou meer as n week WEER “befoutig”,so,hierdie was n heerlike verrassing. Pragtige nuwe naam…sien uit na volgende aflewering. Liefdexx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s