Mediese verslae

“Die bestralings-pneumonitis het uitgebreide kollerige areas van alveolêre versluierings in die regter bokwab veroorsaak, veral in die apikale en anterior segmente.” Nou weet julle seker presies hoe dit met my gaan? Toemaar dis net normale bestralings skade aan my long, maar ek sal glo steeds die comrades kan hardloop! Reël nommer een met enige mediese toetse is om nooit self die verslag te lees nie – veral nie as jy alleen is en min of geen mediese opleiding het nie. Vandag het ek daardie les weer geleer toe ’n ander pasiënt se verslag in my hande beland het!

Ek het vandag vir my eerste ondersoek gegaan sedert my diagnose laas jaar Junie. Ek het die bloedtoets gedoen, aaklige liter vloeistof gedrink, drip gekry met kontras vir die bors en buik plate en toe heerlik heen-en-weer- lê en skuif met opgehoue asem, deur die skandeerder. Daarna sit ek met die verslag en plate in ’n koevert terug in die wagkamer. Heel gerus en tevrede om bietjie te sit en brei terwyl ek vir die onkoloog se afspraak wag. Die ongeduld oorval my toe, want ek wil so graag die woorde lees van mooi gesond, skoon ens. dat ek dadelik na die opsomming onder aan bladsy twee van die verslag blaai. Die pasiënt het ’n geskiedenis van ’n mamma karsinoom (dis wat my knop genoem word) en die siekte het progressie gemaak … lewer, long en brein… Basies is die persoon op pad uit…! Ek het seker 10 keer stadig weer deur alles gelees, maar dis asof ek nie kan onthou wat progressie beteken nie. Dalk is dit ’n taalfout? Ek het mos nie ’n siekte nie – ek het dan voorkomende behandeling gekry? Daar is mos net regressie ter sprake en ek is woordeloos oor die verspreiding! Ek blaai terug om die dokter se naam te sien, maar ek sien ’n vreemde van en my eie van is glad nie op die verslag nie. Toe storm ek op die ontvangsdame af en maak seker of dit ooit myne is! Ja, sê hulle hulle het nogal gesoek vir die dame se verslag!

Na ek amper ’n mini beroerte gehad het sien ek die dokter en die is ook nie heeltemal bereid om op die tafel te dans van vreugde oor my foto’s nie. Daar is ’n vergrote limfnode in die middel van my long wat dopgehou moet word. Dis moontlik a.g.v. van infeksie, maar om seker te maak dit groei nie, moet ek einde Augustus weer deur vandag se hele oefening gaan. Hy is ook bekommerd oor my witbloed wat heeltemal uitgeput is. Nou weet ek nie of my port moet uit of eers inbly nie. Volgens my onkoloog wil ’n PET Scan aanvra as dit gegroei het, om te bepaal of dit kwaadaardig is, want dan is dit baie slegte nuus… My dokter is nie juis geseën met ’n oormaat takt nie.

Nou ja dis hoe die reis werk. Dit is onseker, ongerieflik en oneindig. Ek hou julle op hoogte…

Richter se mangels is toe uitgehaal na kroniese ontsteking en antibiotika nie meer wou help nie. Alhoewel hy nog baie jonk is, wou die dokter dit graag doen om die verdagte kliere in sy nek ook onder narkose te ondersoek. Die uitslae daarvan is genadiglik goeie nuus. Net infeksie a.g.v. die mangels.

Ek geniet my kort hare nog baie en die aqua klasse gee baie energie en lewenslus. Ek weet ook nou dat my klein seuntjies altyd sal dink ek is die mooiste mamma. Lees gerus die mooi storie:

A small boy went to the lingerie department of a store to purchase a gift for his mother. He bashfully told the clerk that he wanted to buy a slip for his mom but he didn’t know her size. The lady explained that it would be helpful if he could describe her–was she fat, thin, short, tall? The youngster replied, “Well, she’s just about perfect.” So the clerk sent him home with a size 34. A few days later, the mother came to exchange the gift, as it was too small. She needed a size 52! Just about perfect! — –James S. Hewett

Ek kan julle nie genoeg herinner om te lewe terwyl jul gesond is nie. ’n Varsity klasmaat se man is skielik oorlede verlede week. Geen siekte of tyd vir voorberei en afskeid neem nie. Wie weet wat nog in ons lewensboek geskryf gaan word? Omhels die lewe met ope arms!
’n Uittreksel uit Natasha Bedingfield – Unwritten
Staring at the blank page before you
Open up the dirty window
Let the sun illuminate the words that you could not find

Reaching for something in the distance
So close you can almost taste it
Release your inhibitions
Feel the rain on your skin
No one else can feel it for you
Only you can let it in
No one else, no one else
Can speak the words on your lips
Drench yourself in words unspoken
Live your life with arms wide open
Today is where your book begins

Feel the rain on your skin
No one else can feel it for you
Only you can let it in
No one else, no one else
Can speak the words on your lips
Drench yourself in words unspoken
Live your life with arms wide open
Today is where your book begins
The rest is still unwritten

Richter  Albert L Gesinsfoto

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Mediese verslae

  1. Neels engelbrecht says:

    Ek glo die verkeerde verslag was ‘n groot skrik. So bly dis nie waar nie. Lief jou.

  2. Tarina says:

    Hou goeie moed! Jy is nog altyd in ons gebede 🙂

  3. ellaukblog says:

    Weereens die ene lekkerlees al is die inhoud hartvashou. Dankie vir inspirasie agv jou positiewe benadering

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s