Dinge wat my vandag bly maak

Daar is nie vreeslik baie dinge wat jou opgewonde maak as jy die ganse oggend in onkologie deurgebring het nie. Maar ter wille van rooilipstiffie positiwiteit sal ek my seëninge tel (gou voor Albert se huiswerk en oogtoets).
😯 Dankie aan klein Matthew (5) wat vir sy ma gevra het om haar hare so kort soos Albert se mamma s’n te sny, want dis vir hom mooi!
😬 Dankie liewe hospitaal hekwag wat elke oggend 7:45 die ou kankerpasientjie sien uitry by onkologie en steeds kyk vir sleutels asof ek , ongeag my uiterlike, steeds ‘n geharde krimineel kan wees.
😪 Dankie aan die engel wat ‘n ‘random’ versie teen die aantrekkamer se spieël geplak het. As verantwoordelike Skrifbestudeerder waardeer ek lukrake, geïsoleerde teksversies baie selde. Dis dikwels uit konteks en kan in gevaarlike hande byna enige saak steun. Hierdie vers was egter daar op die dag na my eerste en laaste groot tranedal. Die aantrekkkamertjie waar ek die ander dae gekies het se lig was stukkend. Met oë nog pofferig van huil en vaak lees ek:

20140226-135752.jpg
😊 Beeld julle laat my glimlag vir jul berig oor eerstejaar dames wat Nazi ideologië aanhang. ‘Seriously’??
😄 En laastens dankie aan my gesinnetjie julle laat my lag tot my maag seer is! Bv. Richter word wakker van ‘n doodgeslaapte hand, maar hy is te klein om te verstaan so hy verklaar ontsteld ‘”my handjie is weg!”

Huidige status:
Ek het longontsteking opgedoen, maar met my goeie man se raad en dr. se antibiotika, is alles onder beheer. Daar is nog twee weke van bestaling oor en my vel lyk nog fantasties!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Dinge wat my vandag bly maak

  1. Gerba says:

    Liewe Annabelle, lyk my die sonnetjie beginne deurbreek!! Sterkte met die orige tydjie! Jy gaan daai klompie mense mis, mens raak mos soos familie! Nou nie soos die Stormers wat soos familie in die tronk is nie, jy praat maar nie oor hulle nie. Alhoewel julle mos seker Blou Bulle is.
    Dit is ook n ander saak!! Saretha se man sê mos, “hulle bou aan die span” – ook n geswore BB

  2. Nicolene Fourie says:

    Dankie vd opdatering! Jou voorbeeld is ‘n riem onder die hart – dit gee mens soveel moed om ondersteuning hier in Kokanje te bied wat só nodig is. Liefdegroete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s