Laagste punt

Ek dink ek het nou die bodem bereik.  Die afgelope agt maande se verlies en verdrukking het nou sy tol geëis.  Ek huil al onafgebroke vir twee dae lank.  Oor die klein jakkalsies, die alledaagse verdriet en tekortkominge en die veeleisende, onbereikbare drome en ambisies.  Ek huil van frustrasie, moegheid, pyn, onkundigheid, tekort aan tyd en oormaat eiesinnigheid.  Daar is geen kragtige toorspreuk, mantra of gevleuelde woorde wat kan troos.  Ek het geen inspirerende getuienis of aanhaling nie.  Daar is niks glansryk aan swaarkry nie.  Ek is kommerwekkend aaklig, wanhopig vaak en ontstellend lelik.  Ek voel ontoereikend, onbelangrik, skaam en nutteloos. Die hele gesin se ellende voel nimmereindigend en uniek.

Ek is by dag 13 van 30 bestralings.  My vel brand en my keel en nek is toegeswel en seer.  Anders as met drieweeklikse chemos is ek konstant moeg en onder pyn verdowing.  Die chemo kamer se kameraderie en humor is verruil vir eensame afsondering in ’n donker kamertjie.  Geen beweging word toegelaat nie en verkieslik moet jou oë toe bly en veral stembande stil.  Laasgenoemde was nog altyd my behoud.  Graad een bring meer spanning en druk meer as wat ek ooit kon droom en alles voel verkeerd, agter skedule en sonder vreugde.

Ek pen hierdie vir een rede neer – ter wille van eerlikheid en volledige vertelling van die reis.  Daar was ’n laagtepunt.  Weg is die ster wat ander bemoedig en dra.  Die ‘surivor’ in my met radio aktiewe strale raak geskroei. Strooi as op my muisvaal uitgepluisde kop en skeur my onderklere (ek kan dit buitendien nie nou dra nie). Sela. Vriendelike Groete Job

kla

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Laagste punt

  1. Eunice says:

    Soms raak die lewe te veel. Ek weet. Nie op dieselfde manier as jy nie, maar ek weet hoe dit is as jy jouself in die kamer wil toesluit en die sleutels weggooi. Ek dink jou Dierbare Annabelle. God het so ongelooflike plan met jou. Jy is een van Sy besonderes…

  2. Anneli Humer says:

    Sjoe Annabelle, hier het jy my nou in trane! Jou eerlikheid, in n wêreld waar almal as sterk en perfek en onder beheer wil voorkom, maak jou en hierdie deel van jou verhaal die mooiste!! Jy is inspirerend! Dis sooooo okay om te voel soos jy vandag voel, jy is mos net mens!

    Ek bid vir jou hoor! Ons het jaaaarrreeee gelede (seker na aan 20) laas paaie gekruis, maar facebook hou mens mos darem so kamma-kamma connected! So ek lees jou stories, en ek bid! My liefste ma het mos self die pad geloop, die kanker was net op n ander plek en jou ma het haar so aangemoedig!

    EK los jou met die mooie belofte van ons God in 2 Kor 12v9…in engels: But He said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me.

    Wanneer ons op ons laagste is, is Sy krag op Sy sterkste in ons!! En al voel jy soms so laag, sal jy NOOIT laer as God se Hand val nie! Hy sal jou ALTYD vang!

    Antjie (Baard v Lutzville) Humer

  3. Die storie van Job was nog altyd een van my gunsteling stories in die Bybel. Ek weet dit help nie, maar dadelik laat dit my aan die kinders dink wat met gevaarlike diere kan speel onder God se toesig…en die mooiste boude wat God gemaak het…die van ‘n seekoei, en dit maak nie saak hoeveel as is nodig om die verdriet en pyn weg te steek nie, God is daar en ons moet maar net rustig wees en soos altyd op Sy hulp, geduld, liefde en tyd vertrou.

    Ek en die kinders is baie lief vir jou, en moenie worry oor die jakkalsies hier rondom ons…ons sal hulle oor tyd 1-vir-1 weg jaag en net met die groot gevaarlike diere soos die krokodil speel…verw. Job 40 (en die hoofstukke voor en na 40)…

  4. ahumer says:

    Sjoe Annabelle, hier het jy my nou in trane! Jou eerlikheid, in n wêreld waar almal as sterk en perfek en onder beheer wil voorkom, maak jou en hierdie deel van jou verhaal die mooiste!! Jy is inspirerend! Dis sooooo okay om te voel soos jy vandag voel, jy is mos net mens!
    Ek bid vir jou hoor! Ons het jaaaarrreeee gelede (seker na aan 20) laas paaie gekruis, maar facebook hou mens mos darem so kamma-kamma connected! So ek lees jou stories, en ek bid! My liefste ma het mos self die pad geloop, die kanker was net op n ander plek en jou ma het haar so aangemoedig!
    EK los jou met die mooie belofte van ons God in 2 Kor 12v9…in engels: But He said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me.
    Wanneer ons op ons laagste is, is Sy krag op Sy sterkste in ons!! En al voel jy soms so laag, sal jy NOOIT laer as God se Hand val nie! Hy sal jou ALTYD vang!
    Antjie (Baard v Lutzville) Humer

  5. Gerda van der Westhuizen says:

    Liefste Annabelle

    Ek wens ek was vanaand by jou om jou ‘n drukkie te kon gee. Ek dink ek het al vantevore vir jou genoem dat jy gerus Liedboek 501 moet lees. Doen dit weer. Jy sal oor hierdie hekkie ook kom, want jy is sekerlik nie alleen nie!

    Vanmiddag toe ons bybelstudiegroepie bymekaar was, het ons met groot deernis oor jou gepraat en jou en jou hele gesin weereens op ons gebedslysie gesit.

    Onthou net: daar is niks daarmee verkeerd om jou hart so uit te stort nie. Dis suiwer terapie.

    Liefde-groete

    Tannie Gerda en oom Conrad

    Gerda van der Westhuizen

    Tel. (041) 5832329

    (084) 4326680

    Faks (088) 041 5832329

  6. Lizaan Kemp says:

    Hallo Annabelle, ek voel so jammer vir jou ! ek weet hoe jy voel, al wat help, is glo en vertrou. al gaan dit baie sleg, dis regtig al wat help. daar is so baie mense wat vir jou bid. die son sal weer skyn. dink aan jou ! X

  7. Gerba says:

    Liewe Annabelle My liefste kind, murmereer maar ……….. Voel so jammer vir jou, as dit jou sal help!! Hoekom vat Albert nie maar n gap jaar nie!! Dan harloop hy sommer net rond en jy hoef nie te worry nie!! Sommer n ou simpel grappie, want ek glo nie HY sal nou skool wil opskop nie!!
    Hoop julle slaap lekker en dat die sonnetjie môre oggend sommer net skielik sal helder skyn. Liefde Tannie Gerba xxxx Groete tuis xxx

  8. ohna reyneke says:

    Ai Annabelle, ek bid so elke dag vir jou en almal wat hierdie pad met jou loop. Jy het nou ons gebede so ekstra spesiaal nodig – dankie dat jy nie voorgee nie! Dit is net menslik om hierdie laagtepunte te kry, gee maar bietjie oor. Jy weet mos in Wie se hande jy is – dit sal weer beter gaan! Ek dink met baie liefde en deernis aan jou. Tannie Ohna

  9. Marena Lotriet says:

    Geen wyse woorde wat ek op ‘n skinkbord wil (of kan) aandra nie. Ek wil net vir jou ‘n stywe-stywe druk gee en dankie s^ dat ons gister kon saamsing. Dit is altyd vir my lekker en goed.

  10. Hetta Baard says:

    Annabelle! Jou eerlikheid maak jou verhaal net soveel kosbaarder!! Dit gryp my aan,en laat my,en almal wat dit lees,besef dat almal een of ander tyd so gevoel het,of nog so gaan voel. Dawid het so dikwels gemurmureer by God,net om daarna God te loof en te prys as hy besef…niks onder die son kan ons skade aandoen as ons by Hom skuil nie! Sterkte my dierbare kind! Jy het die pad tot hier toe met vaste tred gestap…ons weet saam met God gaan jy oor elke hekkie sweef! Lief jou en bid vir jou! Tannie Hettaxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s