Radioaktiewe trane

Laasweek sou ‘ant Kowa’ net gekla het (lang storie … ek is blykbaar mildelik geseën met gene van my ouma se suster – sy was die familie klaagster).  So ag julleself gelukkig dat dit julle gespaar is.  Die kort(er) weergawe is dat die radio terapie (26 bestraling sessies) uiteindelik begin het.  Die eerste tranedal was oor die aaklige merkers wat oral uitsteek en die swem verbod.  My swem voorregte is nou al twee keer opgeskort en weer toegestaan.  Ek is ook een van daai vis-mense wat op my gelukkigste in water is. Maar om eerlik te wees spruit die grootste rebellie uit die hernude inperking van my lyf se vryheid.  Oor hoe om te oefen en te mag kies wat ek saam met my man en kinders mag doen elke aand.  Uiteindelik het vandag se radioloog gesê solank dit nie in ’n warm swembad is, vir lang tye en in die son nie – mag ek maar voortgaan vir solank my vel dit toelaat.  My beker loop dus oor! Wat die ses weke program betref – die daaglikse rooster pas ons en dit help weereens dat ons amper by die hospitaal bly.  Ek sal tydelik kan saamleef met die pleisters waarop die merkers aangebring is en die bestraling self is relatief maklik.

Ons het ook vir die heel eerste keer die seuns by vriende afgelaai en alleen uitgegaan – in die aand! Die heerlike ete by ’n restaurant sonder ’n “kiddies’ menu” sou ’n groot genoeg verrassing vir Pieter gewees het, maar die aand is afgerond met ’n onvergeetlike teater ervaring.  Ons gunstelinge: Jak, Coenie en Laurika.  En dis toe waar die volgende trane gevloei het.  Ek het altyd geweet ek sal nooit kan immigreer nie, want ek wil nie myself papnat treur as ek in ‘n vreemde land na “Daar’s ’n plek” of “Kinders van die wind” moet luister nie.  Dit blyk toe dat ek selfs in Pretoria se Atturbury teater daaroor kan snik – vir die wonderlike voorreg om hulle in lewende lywe en goeie gesondheid te sien saam met my geliefde!

Nog iets wat op ’n baie goeie tyd kom is ons gemeente se jaar program/tema.  Ritme van die lewe is ’n wonderlike program wat kerke hier en in 7 lande reeds volg.  Dit gee struktuur aan alles wat wat ons gesin en gemeente reeds weet en doen – lewens gewoontes en gebruike uit die vroegste kerke.  Onder andere het ons geleer dat elke persoon se lewe onbewustelik musiek maak en dat jou lied deur God self gekomponeer is.  Soms speel jy sagte wiegeliedjies en ander tye ‘rock’ jy kliphard en die droom is om in stemming te kom met God se lied vir jou lewe. * Die program help jou fokus op elke aspek van jou lewe: werk, verhoudings, jouself, jou omgewing en gesondheid.  Dit gaan oor God se betrokkenheid in jou elke dag se bestaan en hoe om met Hom kontak te maak en verhoudings met Hom en almal om jou te verbeter.

Ek begin sien en leer hoe my siekte ook hierby inskakel.  Ek het ’n hele nuwe klomp mense in my lewe, ’n nuwe bediening, ’n nuwe stel gawes en ondervindinge. Ek leer ook hoe om my eie musiek te waardeer en die vals en mineur klanke te hanteer.  Emosies – so leer ek – is deel van God se geskenke aan ons, wat ons help wys waar God besig is om te werk in ons lewens.  Verder is niks permanent nie.  Dit skakel net in by die groot ritme van die lewe. Wat jy nou voel of doen, is net een lied wat weer opgevolg word deur baie ander.  Alles waarvoor ’n mens so verskriklik bang is, steel net jou geluk.  Selfs al gebeur jou ergste vrees – is dit dikwels baie minder traumaties as wat jy verwag het en dra die Here jou daardeur op maniere wat jy nie jouself nie vooraf kan verbeel of beplan nie.

Ek begin ook verstaan dat siekte nie noodwendig net fisiese genesing nodig het nie, maar dat dit ook ’n langer proses van heel wording gaan vra waarmee ek geduld sal moet hê. Ek sal weer moet leer inpas tussen gesonde mense. Ek is nie meer dieselfde nie, maar en ek wil ook nie ‘weird’ en selfbehep voorkom nie.  Soos een wat in ’n wolk opgelig was en weer neergesit is nie met al die antwoorde nie.  Ek weet ek sal van nou af altyd eerder stilbly of hoogstens daaroor blog.  Uitblok – soos ek dit ook noem. Ek is ook net ’n begenadigde – in my ma se vriendin se woorde.

Ek geniet graad een nog baie! Dis ’n avontuur om te sien hoe Albert leer lees.  Dis amper net so opwindend soos toe hy leer kruip en loop het!  Ek het ’n splinternuwe kleingroep wat binnekort afskop waaroor ek baie opgewonde is – iets vir mense met uiteenlopende ouderdomme en lewensfases. Ek sien al ’n geruime tyd die waarde daarvan in.  My nuutste projek is drie reuse potte wat ek met mosaïek spieëltjies bedek.  Dit is waarskynlik is lewenstaak teen die spoed wat ek vorder.  My enigste ambisie is eintlik net om hare te groei – dis al wat regtig dringend is, maar die nuwe donsies is steeds besig om teen ’n onrusbarende tempo uit te val. Dit lyk of die laaste chemo hulle entoesiasme gebreek het.

Baie sterkte aan elkeen van my vriendinne wat deur ’n krisis of geveg gaan.  Daar’s ’n baie siek ouma in die hospitaal, twee swangerskappe, ’n semester van chemo en iemand wat ook in menopouse in geboelie word. Ek bid vir julle wat ek vir myself ook bid – vir stilte.

opera

* Teach Me To Dance

Teach me to dance to the beat of your heart
Teach me to move in the power of your Spirit
Teach me to walk in the light of your presence
Te h me to dance to the beat of your heart

Teach me to love with your heart of compassion
Teach me to trust in the word of your promise
Teach me to hope in the day of your coming
Teach me to dance to the beat of your heart

You wrote the rhythm of life
Created heaven and earth
In You is joy without measure
So, like a child in your sight
I dance to see your delight
For I was made for your pleasure
Pleasure

Let all my movements express
A heart that loves to say ‘yes’
A will that leaps to obey you
Let all my energy blaze
To see the joy in your face
Let my whole being praise you
Praise you

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Radioaktiewe trane

  1. Hetta Baard says:

    Sjoe,Annabelle! Jou stukkies raak my diep!! Baie dankie dat ek ook saam met jou die pad kan stap. Jy verwoord so baie van die emosies wat ek ook ervaar het…. Jou goeie humorsin is kosbaar! Sterkte!

  2. Eunice says:

    Annebelle, jy raak my lewe soveel jaar nadat jy dit begin verander het as my kringleier. Die memories is so spesiaal.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s