Om te blog

i believeHierdie blog-skrywe is spesiaal vir my getroue lesers wat begin op druk het vir ‘n “update”.  Ek is baie verbaas en dankbaar dat ek lesers op ‘n paar kontinente het wat my motiveer om my ervarings neer te pen.  Die oorspronklike idee was om ’n soort dagboek te hou vir myself, my familie en vir my seuns om eendag te lees as hul groot is.  Ek sou nooit kon raai watter genesende en terapeutiese effek dit sou hê nie. Dat dit enigsins vir ander tot seën sou wees is ‘n bonus ver buite my vermoëns.  Ek wil almal wat lief is vir brief skryf aanmoedig om te begin blog.  Of dit oor jou kinders, groentetuin, wêreldreise of kuns versameling gaan – jy sal verras wees hoe lekker dit is.

Terug by my! Geen nuus is goeie nuus.  Ek was so besig om goed te voel en aan te gaan met my gewone lewe, dat ek oor niks wou blog, kla of spog nie.  Dankie aan almal wat steeds getrou bid en kontak hou.  Ek is al self so moeg vir myself en die kanker-besigheid, so dit verstom my dat almal rondom my nog omgee!

“Mamma ek kan nou nog nie glo al jou hare het uitgeval nie!” So verklaar Albert nou eers na 3 maande.  Voor dit het hy nie ’n woord oor my hare of voorkoms gerep nie.  Soms het hy aangedring dat ek sy gunsteling serpies moet opsit by die huis, maar die kaalkop of pruik het hom glad nie gepla nie. Dit voel nog baie dae baie onwerklik – alles wat gebeur het.  En ek voel ook soos Albert eintlik verstom as ek terugkyk en besef wat gebeur het.  Pieter reken ek lyk nou soos ‘n nuwe kuiken met my donsies.  Die nuwe chemo laat nie die hare so erg uitval nie en daar is beslis teken van nuwe lewe!  Ek kan nie ophou vryf oor die sagte haartjies nie!

Dit voel nou of ek ‘n deeltydse pos beklee wat vereis dat ek elke Dinsdag moet aantrek, kosblik en handsak pak en by onkologie gaan “werk”.  Die nuwe chemo se newe effekte is minimaal.  Dis net  tydrowend, maar alle tekens dui daarop dat dit net tot Kersfees toe sal aanhou.  Ek kry dus my wens om chemo-vry met Graad 1 te begin volgende jaar!  Ek sal steeds my bestraling moet afhandel, maar daarvoor sien ek kans.  Oor die hormoonterapie dink ek nog nie.

Hettie het die week haar “nothing last forever” deel van ons temaliedjie bereik.  Sy het haar laaste chemo op tyd gekry – ten spyte van die dokter se voorspelling dat sy nie die sterk chemo gereeld sou kon kry nie.  Sy was so ‘n kameraad en mede-vegter – ek is so trots op haar en dankbaar vir elke goeie stukkie goeie nuus as haar tellings so afkom!  Ek lag nou nog vir haar man wat voorgestel het dat sy die volgende persoon wat haar nuwe haarstyl (pruik) komplimenteer, moet bedank, dit afhaal en vra of hulle dit soek!

Ons swem en stap nou amper elke dag en roei selfs weer.  Dit blyk dat ek letterlik nou allergies is vir die son, so daarvoor moet ek baie versigtig wees.  Die chemo reageer met die son en dan kry ek ‘n vreeslike vel uitslag.  Ek is gewaarsku om naellak te dra wat so na aan swart is as wat ek voor kans sien, want dit beskerm die naels.  By sommige mense kan hierdie chemo die naels donker kleur of laat los word en selfs afval.  Dit lyk egter nie of my naels op pad uit is nie en ek kry nie eens naalde-en-spelde in my hande of voete nie.  Ek is nou ook al so uitgekuier met donker pruim dat ek oorgeskakel het na ligte pienk – rebels ek weet…

Gisteraand se haelstorm in Pretoria is ook iets vir die geskiedenisboeke.  Dit is vir die joernalis in my darem baie lekker om ’n i-phone te hê waarmee ek die korrels – en toe later balle – kon afneem en oombliklik aan familie duisende kilometers vêr kan stuur.  Danksy sosiale media kon ek meeste van my vriende se gebreekte ruite, wit agterplase en gekneusde groentetuine betrag sonder om my bed te verlaat. Dit was omtrent ’n geval van my hael is groter as jou hael.  My sussie sal lekker lag as sy hoor hoe kompeterend ons hier is!

Moet ook nie dink kankerpasiënte is minder erg nie.  Ons kompeteer oor hoe groot ons naarheid was, hoeveel drip sakkies chemo ons kry, hoeveel ooghare ons oor het ens. ens.  Waaroor almal wel eens is, is die kwaliteit van ons onkologie personeel.  Die rustigheid, humor en hartlikheid is blykbaar uniek.  Mense ry selfs honderde kilo’s en selfs verby groter, bekende hospitale om by hierdie spesiale eenheid behandeling te ontvang.  Daar is gereeld drama met die een suster wat kamma met al die mans flirteer en dreig om ondersteuners weg te jaag omdat die pasiënte nie genoeg met die susters kuier nie.  Ek kry baie min gelees en laat val vreeslik baie steke van al die lag.  Ek twyfel of die serp en kombers waaraan ek brei en hekel vreeslik vêr gaan kom.

Intussen het vriendinne nuwe babatjies ryker geword en ‘n nuwe swangerskap is aangekondig!  Ek voel sommer so uit my vel uit oor al die goeie nuus ‘n slag. My wens is dat almal hul vakansie geweldig baie moet geniet.  Doen moeite met die tradisies en gesinstyd en waardeer mekaar.  Mag julle ’n geseënde feestyd hê vol van die oorspronklike Kers vreugde en hemelse rus en stilte.

 lag

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Om te blog

  1. Tannie Gerda en oom Conrad says:

    Liewe Annabelle
    Jy bly maar ‘n ster!!! ‘n Helder, blink een.
    Ek geniet dit so om te lees oor jou ervaring van chemobehandeling. Dis kompleet asof ek met ‘n lekker storieboek sit. Ons wens vir jou en jou gesin ‘n baie geseënde Christusfees toe. Ons sal julle sekerlik mis op Strandfontein.

  2. ohna reyneke says:

    Hallo Annabelle
    Ek is soo bly dit gaan al soveel beter! Jy is elke dag in my gebede en dis wonderlik om te ervaar hoe jy ook Sy groot genade ervaar. Mag julle gesinnetjie ‘n wonderlike Kersfees beleef met baie vrede en liefde!
    Liefdegroete
    Tannie Ohna

  3. Lizaan Kemp says:

    Hallo Annabelle, dis lekker om jou blog te lees ! Is so bly dit gaan al soveel beter met jou. Hou aan skryf, dis ‘n inspirasie ! Geseënde Kersfees vir julle ! X

  4. Gerba says:

    Ai, my kind, so bly dat dit nou so goed gaan! Ek stem saam met jou, dat die personeel ook n deel van jou “behandeling” is. Ek onthou destyds met my ma. Sy het na Tygerberg se Xblok toe gegaan vir haar behandeling. Die dokters wat haar elke 2weke gesien het, is vandag bekende interniste in Bellville/Durbanville. Al by Tygerberg was ook maar die wag……… Ons was al soggens net na 7 by die kliniek gewees en middae na 2 of soms later, het ons weer by die huis gekom. Sy was op n stadium voor n keuse gestel of sy eerder na n priv. onkoloog wil gaan. Sy het toe net besluit, dat ons klompie wat gereeld daar kom vir die behandeling het amper n familietjie gevorm en die personeel is so gaaf, dat n mens nou bang is om n verandering te maak!! Sy het maar bly gaan na die bekende toe. Ek het ook elke keer n breiwerkie saamgeneem en ook nie veel gevorder nie, maar volgende keer neem ek dit net weer saam. Sommmer slaapsokkies gebrei! Baie dankie vir die deel van jou pad. n Vriendin, vir wie ek elke keer jou blog aanstuur, wil graag dit nou met n vriendin van haar, wie ook kanker het, deel. Waar kan ek al jou voriges kry, of hoe kan sy maak? Lekker aand vir julle. Liefdegroete Tannie Gerba xxxx Ons tel nou die dae af na Saretha hulle se kuiertjie xxx

    • alombard2013 says:

      Dankie tannie. Ja sys welkom om dit te lees by annabellelombard.wordpress.com
      Dit lees van die nuutste af agteruit so sy moetaf scroll tot by die eerste post. Laat weet maar of jul regkom. Ek kan dit ook mail vir haar. Geniet daai beachbums!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s