Dit neuk, dit neuk, dit neuk

… so het die tarentale altyd op die plaas geroep tussen die wingerde.  En hier vanuit my bed is dit al hoe ek ons huidige toestand kan beskryf.  Ek is moeg vir naalde, slym, seer lyf en moeg wees, siek kinders, en agterstallige werk.  Ek is moeg daarvoor om afsprake te moet kanselleer en onbetroubaar te wees. En bowendien is ek moeg om my man alleen te sien swaarkry met alles.

DIP

Na laasweek se boonste lugweginfeksie het ek het weereens my bloedtoets gedruip.  My telling is 1.4  (dit moet 4 wees) en so gevaarlik dat hul my eintlik wil opneem.  Die geringste kiem kan my liggaam in septiese skok stuur.  In my kompeterende aard moet ek erken Hettie wen – hare is .01! Ek baklei hand en tand teen die inspuiting wat beenmurg stimuleer, want ek kan nie vir die derde week in ‘n ry so siek voel dat Pieter tuis moet werk nie.  Die ekstra blosser op my wange kon toe nie die susters oortuig dat my immuniteit vanself sal regkom nie en ek kon ook nie my weeklikse Herseptin kry nie.  Die uitstappie neem steeds ‘n uur. Teen hierdie tempo voel dit of ek nooit deur Chemo gaan kom nie.

GOMet die kinders gaan dit darem beter nadat die hele gesin sedert laasweek op antibiotika is.  Ek kon ook gelukkig Albert se pragtige konsert en gradeplegtigheid bywoon.  Elke klassie het individueel aangetree en elke kleutertjie het sy Graad R sertifikaat ontvang in toga en tosselhoed.  Wat my betref het, kon dit netsowel Albert se doktorsgraad gewees het – so trots was ek! Ek kon nie vir ‘n beter skool en juffrou vir Albert gebid of gedroom het nie.  Toe hul met Afrika dromme in Zulu begin sing oor ‘somer in Afrika’ wou ek huil van dankbaarheid vir die voorreg om my kinders hier te mag grootmaak.

Sondag het ons ons jaarlikse jakaranda uitstappie onderneem.  Elke Oktober gaan ry ons met kinders en kamera deur Pretoria se  mooiste pers strate rondom die Uniegeboue. Ek het toe sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om ons eie Afrika drom aan te skaf.

drom

Nou moet ek maar weereens rus – so asof ek niks het om te doen en niemand wat afhanklik is van my nie!

ZZZ

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Dit neuk, dit neuk, dit neuk

  1. ellaukblog says:

    Ag Annabelle, ek kan niks anders se as dat ek hoop alles val gou terug in plek nie. Bid vir jou en die gesin.

  2. Marieta Scheepers says:

    Annabelle, ek hoor jou teleurstelling en ‘moeg-vir-siek-en-goor-voel’. Onthou, in jou situasie is RUS ‘n BAIE belangrike TAAK, dis nié NIKSDOEN nie! Niemand anders kan namens jou rus nie. Mag Jesus jou self Sy vrede gee! ♥♥

  3. Debbie says:

    Ek het nou eers alles gelees wat ek gemis het. Dis altyd lekker as ek jou skerp sin vir humor kan geniet, maar dis moeilik om van jul seer te hoor. Dit was wel lekker om julle te sien en dis lekker om te sien dat jy chemo se baas is. Jy het vanaand ‘n waar ding gese oor lewenskwaliteit. Ek waardeer jou wysheid. Strongs!

  4. Ai my liewe ex-buurvrou, ek is nou permanent in Kokanje maar gaan heel moontlik Januarie uithelp by UP. Ek móét jou ‘n drukkie gee! Jou inspirasie ten spyte van jou seer is ‘n les wat ek nooit sal vergeet nie. Maar wees goed vir jouself ook – rus wanneer nodig en moenie skuldig voel nie. Met Pieter aan jou sy kan jy dit met oorgawe doen en hy sal bly wees, dit kan ek jou belowe. Liefde en sterkte, Nicolene

  5. Hetta Baard says:

    Vasbyt,Annabelle! Met jou positiewe en humoristiese uitkyk op die lewe,gaan chemo jou nie onderkry nie!En weet ook dat julle eendag gaan terugkyk en besef…dit was ‘n wonderlike tyd,want tsv al die sleg,het ons gesinnetjie ge”bond” soos nooit tevore of daarna nie! Jy bly in my gebede.LiefdeTannie Hetta(speel jy nog kitaar?)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s