Halfpad daar!

IMG_8559

Ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie!  Die laaste drie maande het so vinnig verbygeglip dat die lig aan die einde van die tonnel al byna begin flikker!  Vandag het ons 4 vriendinne en 9 seuns die halfpad merk behoorlik gevier met ‘n partytjie.  Ek weet nie hoe anders om dankie te sê vir jul ondersteuning nie.  So lees maar tussen die cupcakes, quiche en lemon meringue hoe baie ek aan julle verskuldig is.

Die vakansie by die see was kosbaar en wonderlik.  Ons het die hele tyd in Umhlanga net 14 km gery, want ons was net by die voordeur uit, af strand toe, of met die wandellaan af Spur toe! Ek het heel ingepas met my groot strandhoed en niemand het eers vermoed ek is eintlik ‘n ‘under cover alien’ nie!  Die tyd weg van alles en in eenvoud saam met die kinders was ekstra spesiaal en baie goed.

Terug by die huis het ons weer moed gehad (maar min lus) vir die laaste van die 4 rooi duiwel behandelings.  Die tyd het weer kort gevoel danksy Hettie se gesellige kameraadskap.  Ook die De Villierse se skedule het (gelukkig) weer met myne gekruis.  Die bekende reuke in die behandelingskamer begin nou slegte herinneringe oproep en dit laat my sommer daar al misrabel voel.  Dit raak al moeiliker om elke keer van voor af deur die vuur te gaan.  Ek hou soos ‘n drenkeling aan die dokter se belofte vas “jy is jonk en fiks en kankervry – jy sal elke keer terugbounce”.  Na wat ons gesien het met kankerlyers wie se chemo hul geleidelik afgebreek het tot in hul graf, was dit vir ons nodig om dit te weet en te glo. Dit vat my presies 4 dae voor ek “terug” is en dan is alles wat normaal is ekstra lekker!  Ek kry my arme man en kinders vreeslik jammer, maar ek weet ook hulle kry krag van bo.

Ek raak ongeduldig en moedeloos as ek dink daar lê nou nog 9 weeklikse Herseptims voor en gelyklopend 4 chemos (elke 3 weke), plus nog bestraling van 6 weke, maar ek skep moed as ek sien hoe vinnig – en voorspoedig die eerste helfde verloop het. “And I’m still standing…”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Halfpad daar!

  1. Petro Vosloo says:

    Annabelle jou doring! Jy het al so ver gevorder.Die olifant word defnitief happie vir happie opgevreet! Ek hoop jy het n albasterblikkie vol albasters wat elke mylpaal verteenwoordig. Dan skiet jy n albaster weg na elke afgehandelde gebeure.Dit werk vir my!liefde xx

  2. Gerba says:

    Annabelle, nou moet ons net vorentoe kyk en vasbyt!! die liggie skyn al helder in die tonnel!! Kry vir jou n bytplaatjie, koop sommer een op straat, hulle kom van China af!! Lekker sterk!! Lekker naweek vir julle. Kan sommer hoor julle het die kuiertjie in Natal geniet. Saretha hulle het vandag bietjie binneland toe gery. By Kloof, naby Pinetown gaan draai. Mos mooi wêrelde! Liefde en soene vir die seuns xxxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s