Blou reën, rooi duiwel en wit skapies

Wat ‘n interessante paar weke was dit nie! Ons huishouding het chemo week oorleef, die lente verwelkom en ons baba het twee geword.

Danksy Hettie en al haar vriendinne was ons chemo sessie ‘n vreeslike lekker kuier oggend! Die res van die week moes my dierbaarste die rol van ma, pa, kollega en huishoudster speel. Hy was so ‘n ster! Teen vrydag het ek vir die eerste keer uitgekom vir my massering by Hilda. Dit het nou ‘n ‘after-chemo’ ritueel geword wat my dra deur die slegte paar dae. Ek wens onkologie kan dit deel maak van elke kanker pasiënt se behandelings plan, want dit is so wonderlik. Dit ontgif jou lyf, ontknoop al jou spiere, verbeter sirkulasie van bloed en suurstof ens ens. Hilda bederf al my sintuie met haar helende hande en fantastiese humorsin!

Min dinge roer my soos Lente wat losbreek in ons tuin. Hierdie jaar was dit meer intens as ooit. Ek weet nie of dit is omdat ek siek was deur ‘n letterlike en figuurlike winter nie, maar ek is ekstra verras deur al die kleur, perfeksie en skoonheid. Een middag teen sononder moes ek bietjie buite lê en rus terwyl ‘happy hour’ in die boom bo my se blou reën afspeel. Elke blommetjie het sy eie by, hommel by, vlinder of voëltjie gehad op soek na nektar. Ek glo nie ek het al ooit in my lewe tyd gehad om daarna te kyk op die naat van my rug nie! Die nuwe swaeltjie nessies, die stringe orgideë, aarbeie en amarilla wat vir die eerste keer blom, maak my so opgewonde. Natuurlik het ons almal ‘spring fever’ met gepaardgaande kwale, maar elke plesiertjie het sy prys!

Richter se verjaarsdag is stil stil gevier, maar wel met Shuan the Sheep cup cakes, sodat hy hopelik eendag op die fotos sal sien daar is ewe veel liefde en tyd in sy verjaarsdag koek geplaas. Dit word toe deel van die 99% goeters op my worry lysie, wat toe nie gebeur het nie: ek wou self my kind se koek bak en sy verjaarsdag saam met hom geniet.

Dit voel soos gister wat hy ons so verras het in die hospitaal. So vinnig het hy mos uitgeglip dat nie sy pa of ginekoloog betyds op die toneel kon wees nie! Hy bring vir ons steeds matelose vreugde met sy vrolike, liefdevolle geaardheid. Al die oulike woordjies wat hy al na mekaar kan inryg laat ons heerlik lag, selfs al voel ons moeg of siek. Ek is so verlig dat hy en Albert kan aangaan soos normaalweg. Ek het vir ‘n rukkie gedog Albert het ‘n ‘imaginary friend’ geskep om hom te help deur die moeilike weke, maar dit blyk toe dat meeste van sy maatjies dieselfde speletjies speel! Ai dit bly maar moeilik met jou eerste kind – ‘n mens raak mos paniekerig en paranoïes oor elke nuwe ding!

Soos wat ek nou hier skryf is ons tasse reeds gepak vir ’n wonderlike week in Umhlanga! Daarna nog net een episode van die heel slegste chemo. Volgens voorspellings kan ek vir die laaste 3 maande uitsien na minder naarheid. Dankie aan almal wat blomme, kos, beskuit en geskenke aandra. Julle sal nooit raai hoe dit ons help nie. Ek hoop dat elkeen van julle dit ook sal beleef in tye wanneer julle dit gaan nodig hê. strong

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Blou reën, rooi duiwel en wit skapies

  1. Gerba says:

    Geniet jul kuiertjie. Hoop maar nie julle kry té warm nie! xxxx

  2. Debbie says:

    Help my asb! Hoe kry ek weer die mails as jy iets post. Ek sien ek is baie agter!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s