In Ligte Luim

Daar’s ‘n swartbord in my kombuis waarop ek die Lombards huishouding se tema van die week/maand skryf.  Toe my kleinsus kom kuier het, het ek dit aangepas met “Good things come to those who bake”, want dis wat ons doen: “we cook and we cook and for fun we bake”  – because “when the going gets tough the tough go make dessert!” Wat ‘n ongelooflike heerlike twee weke vol heerlike kos, lag en Masterchef Australia se finale!  Anelda baie dankie vir jou opofferings, hulp, geselskap en bederf.  Dit was ‘n ongelooflike lekker tydjie saam met jou! Ek is vir die eerste keer bly dat julle Aussies is, anders sou ons die tyd saam nooit kon hê nie! Dankie ook Ernest dat jy haar vir ons geleen het.

                                   lig

My swartbord se kwinkslae is soos hoofstuk titels wat presies opsom wat ons doen, glo en hoop.  Vandat ek gediagnoseer is was die boodskap op ons bord ”Lewe lig!” Want dis hoe ek gehoop het ons kan aangaan. Vol humor en normaliteit sonder om die kinders se vreugde te steel. Ook ligvoets en hoopvol sonder somberheid en verwyt in Sy Lig, want dis al manier wat ons ken.  So toe die koerier vanoggend ‘Die Lombards se omgee boks’ kom aflaai was ek verras om te sien hoe een van ons oudste vriende ook by Sy tema vir ons lewens aangesluit het!  Baie dankie Riana en Janus vir jul pakkie vol lig! Op die begrafnis waar julle om ‘n piepklein baba kissie gestaan het, het ons gesien hoe gelowiges in die Lig aanhou lewe.

kredietkaart

So gepraat van swartborde – hierdie winkel s’n was vir my so snaaks ek het dit toegepas!  Ek en Anelda het onsself behoorlik geniet in die klere- en koffiewinkels!  Baie dankie ook Maaike vir jou heerlike bederf oggend en pragtige geskenk!

Hettie, ek het hierdie week gesien hoe mooi die kombinasie van dapper en broos is.  Jou nuwe haarstyl is pragtig en hoe jy dit dra – selfs nog mooier.  Dankie, aan jou en Debbie wat my laat streef na vreeslose uniekheid en om jouself nie so ernstig op te neem nie.  Ek mis my hare, maar voel eerder soos my ma se vriendin wat verklaar dat sy nie ‘n ‘survivor’ is nie, maar ‘n begenadigde. Op die survivor dag moes ons vir mekaar sê wat van ons ’n ‘survivor’ maak.  Ek het gesê ek het nooit gedink ek het die keuse nie.  Ek is iemand se vrou en die ma van twee kleintjies.  Daar is net een opsie – om so gou moontlik hier deur te kom!

Oor genade kan ek vandag ’n boek vol skryf.  Ons het die week geweldig groot geskrik.  Ons dokters afsprake loop nou te dikwels  uit op sonar afsprake en Vrydae blyk die dag te wees vir sulke skokke!  Richter (my amper twee-jarige baba) het ‘n snaakse virus gehad wat sy twee limf kliertjies in sy nek laat swel het.  Die twee klipharde albaster knoppies aan weerskante het gelei tot massa histerie, verdriet en vrees by almal, maar gelukkig is dit toe niks om oor bekommerd te wees nie.  Hy weet hoeveel mens op ’n slag kan dra…

Dit blyk toe dat alle goeie ‘nannies’ oornag wegvlieg op hul besems as hul gesinnetjie gereed is om self oor die weg te kom.  Martha is net so skielik soos Nanny McPhee en Mary Poppins weg.  Personeelbestuur in die regte wêreld is net nie heeltemal so romanties soos in die ‘movies’ nie…

Ouerskap en kanker is twee dinge wat mens dwing om baie oor die lewe te dink en te leer.  Hier is ‘n paar goed wat ek geleer het:

  • Moenie geheg raak aan jou kinders se speelgoed nie – dit breek of raak vuil/weg.
  • Neem baie foto’s, want ‘n mens vergeet alles.
  • Pa’s verstaan meer as wat ‘n mens dink.
  • Liefde is ‘n werkwoord.
  • Moenie wag vir die perfekte oomblik nie, maak die oomblik perfek.
  • 99% van die goed waaroor ons bekommer gebeur nooit.
  • Met die ander 1% sal Hy ons help.
  • Humor en Sjokolade is altyd die antwoord.
  • Die gebrek aan ’n vriendekring is net so skadelik soos sigarette (soos deur Stanford University bewys)
  • Baie water en positiewe mense help vir alle toestande en terugslae.
  • Niks maak jou so broos soos ouerskap nie.
  • Die regte lewensmaat, maak die lewe hemel op aarde.
  • As die kinders onverklaarbaar soet en stil word moet jy paniekerig raak en gaan kyk!
  • Engele dra soms geel Clivias aan en stuur grappies met Whatsapp.
  • Woolworths se R25 uitverkoping is ‘n gevaarliker sport as jag – ongewapen – saam met leeus!
  • As jy af voel – doen iets vir iemand anders
  • As dit nie werk nie – sit rooi lipstiffie aan.
  • Jou ma en jou ouma was reg.
  • Geloof, gesondheid en geliefdes is alles genade.
  • Kanker is net nog ‘n siekte met simpel medisyne.
  • Na elke winter kom Lente.

handle

 

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to In Ligte Luim

  1. ellaukblog says:

    Jy’s ‘n ster XXX

  2. ellaukblog says:

    Jy’s ‘n ster. XXX

  3. Op my lys van ‘n paar dinge wat ek geleer het voeg ek by:
    Mens se kosbaarste vriendin is somtyds die helfte jonger!
    Só jammer ons verhuis – dankie tog net ‘n blog ver! 🙂

  4. jacques Ellis says:

    “Kanker is net nog ‘n siekte met simpel medisyne.“
    Briljant.
    Ek wens ek het jou uitkyk oor als 6 jaar terug gehad…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s