The Art of Survival

survive saal

The art of survival

Ek is vanaand skatryk! Nie net het ek my Aussie sussie op die lughawe gaan haal vir twee weke nie, maar ek het ook my eerste Cancer survivor dag bygewoon. Wat ‘n ongelooflike inspirerende oggend saam met ons wonderlike onkologie personeel, pasiënte en Janie Du Plessis. Die pragtige gaste plaas, uitstallings, musiek en getuienisse is moeilik om in woorde te beskryf – so hier is kort grepies wat ek kan onthou:

– Survive:

To carry on despite hardships or trauma, persevere

To live longer, outlive

To love, persist, or remain usable, holding on to life

– Being perfect is not the same as being well

– Mans se ‘coping’ meganisme is meestal ontkenning – maar dis ook ‘n vorm van geloof – die onwrikbare aangaan en maak asof niks verkeerd is nie.

– Surviving is all about standing up, dressing up and showing up.

– Survivors speel ‘n aktiewe rol in hul eie lewens – die lewe gebeur nie maar net met hulle nie.

– Patience is the ultimate form of faith

– Ons vel is maar net die slaapsakkie wat ons siel moet warm hou op aarde

– Suvivors het almal 4 goed ingemeen: ’n intieme verhouding met die Here, liefde en ‘n fokus weg van hulself – omgee vir ander, ‘n waardering vir die lewe en ‘n sin vir humor.

Die praktyk se berader – Ronelle de Klerk het ‘n onvergeetlike dag aanmekaargesit. Ek was so beïndruk deur die deernisvolle en persoonlike verhoudings wat daar is tussen die onkologie personeel en jare-lange pasiënte. Baie dankie aan ons pragtige radiografis Marina dat jy ons genooi het! Ons onkoloë het ook geïnspireer met hul persoonlike getuienisse van geloof en menswees.

Jaco Strydom was een van die sprekers – toevallig het ek en Hettie langs hom chemo gekry Dinsdag. Hy het oor sy boek gepraat – 4 Beautiful years – wat glad nie ‘n kanker verhaal is nie, maar ’n epiese reisverhaal van hom, ’n tentjie, sy fiets en derduisende kilo’s deur Suid-Afrika – nadat hy reeds gediagnoseer was met kanker. Sy staaltjies en droë humor het ons heerlik laat lag. Aan die einde van sy verhaal verklaar hy bewoë: “dis wat ek my met my tweede kans gedoen het – wat gaan jy met joune doen?”

Janie Du Plessis is eenmaal deur ‘n bruuske boer gevra “wie de hel dink jy is jy?!” En dit was die begin van die soeke na haar ware self. Sy sê dankie Here vir borskanker, anders sou sy nou nog blindelings onsinnighede gejaag het. Ek kon so met haar identifiseer toe sy beskryf hoe sy vir die Here gepleit het om net ten minste 40 te haal, want haar seuntjie was 4 en kon nog nie met haar praat nie. Sy wou so graag hê hy moet eendag weet geel is haar kleur en stof – haar gunsteling reuk.

Vandag was ’n viering van die lewe, die liefde en als wat mooi, opwindend en fantasties is. Ek het nederig gevoel in die teenwoordigheid van oorlewendes wat die kuns van oorlewing al byna vervolmaak het!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to The Art of Survival

  1. Marieta Scheepers says:

    Dankie Annabelle, dit was só spesiaal!! Dit klink na ‘n wonderlike dag, en ek GLO jy gaan nog vir ander in dieselfde bootjie as ons, BAIE beteken. Jou aanhaling, “Patience is the ultimate form of faith” , gee my hoendervleis ! Het nog nooit so daaraan gedink nie! Hoop jy het ‘n pragtige week! ♥♥

    • Gerba says:

      Dankie annabelle, dat jy hierdie wonderlike dag met ons gedeel het!! Lekker aand vir julle. Groete tuis vir jou gesinnetjie en ook vir Anelda. Lekker week ook vir julle Liefde xxxx

  2. Marena Lotriet says:

    Hierdie is baie spesiaal, Annabelle. Dit is amper asof ek wil jaloers wees op die baie spesiale diepte van die lewensreis wat jy tans op is (en ek hoop jy verstaan my bedoeling reg). Dit klink na ‘n kosbare geleentheid wat jy bygewoon het. Dankie dat ons jou dagboek mag volg en soveel rykdom daaruit kan put. Dit is regtig besonders om die lewe deur jou oë net weer te waardeer. Mag die res van die week vir jou mooi wees. Dis koel en bewolk vandag. So ‘n ietsie anders 😉

  3. Marina de Villiers says:

    Annabelle. Ek het nie besef ek het so ‘n spesiale persoon na die Survivers dag toe genooi nie. Dit was so lekker om jou en Tania daar te he. Ek hoop en vertrou dat ons kontak sal hou. Ek is ook oortuig daarvan dat jy nog vorentoe baie vir ander mense sal beteken. Kom se hallo as jy weer kom vir behandeling. Groetnis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s