Tweede chemo agter die rug

lam

Baie dankie weer vir almal se belangstelling en monitering!  Gister se chemo sessie was absoluut heerlik danksy ‘n baie spesiale geskenk wat Hy gestuur het!  Hy ken my so goed en niks anders sou my dag so opkikker soos die pragtige jong vrou en haar man wat by my kom sit het vir haar eerste chemo nie.  Ons het dadelik gekliek – nie net oor sy ook ‘n seuntjie mamma is nie, maar omdat sy ‘n heerlike ‘fabulous’ houding het.  Sy is sjiek, snaaks en ‘spirited’ – presies wat ek nou nodig het.  Hettie – jy sal my verskoon as ek oor jou blog, maar ek kan my geluk nie glo nie.  Ek het regtig nogal opgesien om tussen die stokou siek mensies te gaan sit en toe kuier ons so lekker, dat ek teleurgesteld was toe dit klaar is! Ek hoop ons witbloedtellings kom mooi vinnig reg dat ons weer saam op die 3de September kan chemo kry.

Blykbaar het hulle my laas net mak gemaak met ’n effens ligter dosis, so hierdie rondte toets die dokter my limiete met die maksimum sterkte!  Ek moet ongelukkig rapporteer dat ek van gistermiddag af in die bed was tot vanoggend.  Ek voel Baie naar en het baie lae bloeddruk.  Vandag kon ek darem opstaan en myself besig hou met ligte werkies.  Hopelik is dit sommer gou weg, want ek drink my water, pille en eet my gemmerkoekies baie getrou!

Ek kan ook getuig dat die hare krisis van korte duur was.  Ek het die langnaweek goed benut om met nuwe voorkomste te eksperimenteer en die buitewêreld aan te durf met my pruik.  Ek was baie selfbewus om kerk toe gaan, maar was so bly dat Ella die eerste persoon was om my te sien. Ons het spesiaal gegaan om haar man en my oud kollega te hoor preek – ds. Jan Bisschoff het Albert gedoop het en daarna Londen toe geëmigreer.  Ons mis julle so en dit was so lekker om julle te sien!  Julle verhaal bly ‘n reuse inspirasie.

Blykbaar is daar toe nie ‘n neon bord op my kop met letter wat flits dat ek ’n pruik op het nie!  Dankie ‘n elk geval vir almal wat help om dit makliker te maak.  Ek is nog in die stadium wat ek niemand se komplimente glo nie.  Die wat geskok reageer as hul uitvind dis nie my eie hare nie – beskou ek as dierbare, simpatieke toneelspelers. Almal moet maar geduldig wees.  Die aanvaarding neem ‘n rukkie!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Tweede chemo agter die rug

  1. Tarina Vink says:

    Sterkte met die naarheid. Hoop jy is gou weer vol energie!

  2. Marieta Scheepers says:

    Annabelle, die pruike is deesdae SO mooi dat min mense dit ooit agterkom as iemand dit dra! Hoop jou ‘lelik-voel-geit’ is stukke beter! Bly jul het die Bisschoffs gesien Sondag. Sterkte vir die volgende paar dae, Jy’s in die Beste Hande! Liefies, M

  3. Debbie says:

    Ek het met baie simpatie en meegevoel die blog gelees en toe moes ek eers weer le soos ek lag toe ek by die toneelspelers kom. Ek voel vir jou vriendin, ek sou ook my oe uit huil.
    Het jy al Katy Perry se fliek gesien? Ek het dit vreeslik geniet omdat ek mal is oor haar musiek(dis eg, soos jou blog). Wat vir my baie interessant was, was die pruike wat sy gedra het. Sy is mal oor die sprokieswereld en sy verander haar pruike soos ander mense klere verander. Ek was mal oor haar pruike, selfs di pers een het natuurlik gelyk:). Ek post my gunsteling liedjie vir jou. Jy kan kaalkop in die badkamer sing en dans en happy voel

    KATY

    Do you ever feel like a plastic bag
    Drifting through the wind, wanting to start again?
    Do you ever feel, feel so paper thin
    Like a house of cards, one blow from caving in?

    Do you ever feel already buried deep six feet under?
    Scream but no one seems to hear a thing
    Do you know that there’s still a chance for you
    ‘Cause there’s a spark in you?

    You just gotta ignite the light and let it shine
    Just own the night like the 4th of July

    ‘Cause, baby, you’re a firework
    Come on, show ’em what you’re worth
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    As you shoot across the sky-y-y

    Baby, you’re a firework
    Come on, let your colours burst
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    You’re gonna leave ’em all in awe, awe, awe

    You don’t have to feel like a wasted space
    You’re original, cannot be replaced
    If you only knew what the future holds
    After a hurricane comes a rainbow

    Maybe you reason why all the doors are closed
    So you could open one that leads you to the perfect road
    Like a lightning bolt, your heart will glow
    And when it’s time you’ll know

    You just gotta ignite the light and let it shine
    Just own the night like the 4th of July

    ‘Cause, baby, you’re a firework
    Come on, show ’em what you’re worth
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    As you shoot across the sky-y-y

    Baby, you’re a firework
    Come on, let your colours burst
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    You’re gonna leave ’em all in awe, awe, awe

    Boom, boom, boom
    Even brighter than the moon, moon, moon
    It’s always been inside of you, you, you
    And now it’s time to let it through-ough-ough

    ‘Cause, baby, you’re a firework
    Come on, show ’em what you’re worth
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    As you shoot across the sky-y-y

    Baby, you’re a firework
    Come on, let your colours burst
    Make ’em go “Oh, oh, oh”
    You’re gonna leave ’em all in awe, awe, awe

    Boom, boom, boom
    Even brighter than the moon, moon, moon
    Boom, boom, boom
    Even brighter than moon

  4. Jacques Ellis says:

    Hi daar. Dalk is dit ‘n baie simpel vraag, maar wat doen die gemmerkoekies?
    Klink my jy is sterker as wat jy dink as jy vandag al kon ronloop na die maksimum dosis…

  5. Ék … kan vir almal sê – met opregtheid – jy lyk stunning met daai pruik! En as my mond dalk oophang is dit omdat ek verstom is dat dit so natuurlik lyk en jy soos JY lyk! Én … jou vriendelike self. Jy is baie begaafd – het iemand dit dalk al gesê? 🙂

  6. Gerba says:

    Sien Tannie Miemie het net so pragtig met haar pruik gelyk!! Man, net daai gevoel as ek
    soggens in die spieel kyk en dink, ek moet vandag hare was/sny en my hare lyk nie lekker nie, dit is nou nie jou probleem nie!! So bly jy het n lieflike “engel” langs jou gekry. n Mens raak later so geheg aan mekaar dat jy skoon familie voel!! Lekker aand vir julle Liefde xxxxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s