‘n Week vol genade en koek

Daar is ‘n koue front op pad en ek is seker die enigste een wat opgewonde is daaroor!  Volgens die onkoloog sal my hare teen more begin uitval en ek en die pruik het nog nie maatjies gemaak nie.  Ek is seker warm serpe en musse in hierdie weer sal heel onopsigtelik wees.  Albert troos my dat my “pophare” baie mooi sal lyk – en ter wille hulle sal ek probeer om nie te veel te kla nie!

Die afgelope week was vol mooi en opwindende dinge.  Ek het getuienisse en verhale gehoor van mense wat my so diep geraak het.  Ek het besef dis vreeslik maklik om selfgesentreerd te word, maar as jy iets vir iemand anders kan doen draai die fokus weg van jouself en kom jy agter jy’t eintlik baie om voor dankbaar te wees.

Ek is ook bederf met my eerste massering en ek kan vir die eerste keer funksioneer sonder om die heeltyd bewus te wees van my seer arm en rug.  Ek kon ook besef hoe gelowige mense siekte en dood beleef.  Dis so totaal anders – hoopvol, vredevol en mooi!  Ek het nooit geweet hoe ver en wyd my geloofsgemeenskap strek nie en mens raak eers in tye soos die van hul bewus.  Ek is so dankbaar vir die voorreg om mense se ware self nou te mag sien.  Ek is so beïndruk met die stoffasie waarvan my dierbaarstes gemaak is!  Selfs onbekendes se eerlikheid en openlikheid teenoor my raak my diep.  Dis asof ek nou meer toeganklik is vir mense.

Toe ek in Junie gediagnoseer is, het ek nie gedink dit sou moontlik wees om Albert se verjaarsdag te kan vier – wat nog te sê geniet nie! Dit was vir my so ‘n voorreg om alles vir sy partytjie self te kon maak en die naweek en vandag saam met hom ten volle te geniet!  Ek kan skaars glo ek is die ma van ‘n selfvoldane sesjarige wat nie kan wag om die wêreld te verower nie!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to ‘n Week vol genade en koek

  1. Jacques Ellis says:

    Ek sit gister in die kerk en dink (ja ek mag maar aan iets anders sit en dink want my pa het gepreek…) dat as die berig wat ek ‘n ruk terug gelees het waar is wat se dat 1 uit elke 4 mense kanker gaan kry, dit skrikwekkend is dat ‘n kwart van almal in die kerk in daai kategorie val.

    Dit maak jou blog soveel meer wonderlik, dat iemand wat jy dalk nie eers nou ken nie, eendag dit gaan lees en hul eie ervaring makliker gaan maak.

    Dankie en wees sterk. Jy loop die paadjie nie alleen nie.

  2. Adéla Engelbrecht says:

    Ai my kind jy is so n inspirasie vir baie mense . So wonderlik om te weet jy pak alles in Sy naam aan. Ek glo Hy glimlag vir jou daar uit die Hemel en weet Hy hou van jou manier van getuig. Dis so prakties en op die man af en tog lekker om te lees en te ervaar hoe jy aangaan.

    Ek glo jou hare se uitval en afskeer gaan ook net n dag en n nag vat om te aanvaar soos elke teleurstelling in jou lewetjie nog was. Daarna gaan jy jou nuwe hare, hoedjie en serpe so mooi tooi om jou gesig dat ander mense dit weer sal wil na aap en begeer soos, so baie goed van jou !!! Nie meer vetterige hare in die môre, nie tyd om hare te was, nie gou verlelik , NIKS van daai goete. Jy altyd reg. BAIE voordele ook……

    Mooi dag vir jou, baie lief vir jou.

    Mooi dag , bsairom: My reis met borskanker [mailto:comment-reply@wordpress.com] Sent: 05 August 2013 09:10 PM To: adela.engelbrecht@gmail.com Subject: [New post] ‘n Week vol genade en koek

    alombard2013 posted: “Daar is ‘n koue front op pad en ek is seker die enigste een wat opgewonde is daaroor! Volgens die onkoloog sal my hare teen more begin uitval en ek en die pruik het nog nie maatjies gemaak nie. Ek is seker warm serpe en musse in hierdie weer sal heel on”

    • Gerba says:

      Ai, Annabelle, ek kan nie glo dat Mnr. Verwaand al 6jr oud is nie. Baie geluk! Ek glo hy sal nog vir julle so baie vreugde gee. Sterkte ook met jou pophare! Ek het soms vir Barbie en Saretha se babylove pop se hare wie so wild gestaan het, met Stasoft gewas!! Ek hoop nie dit sal nodig wees nie, maar soos Mamma gesê het, geen gemoan meer van hare wat uit stel is nie!! Elke dag kan jy net mooi lyk!! Liefdegroete xxxxx

  3. Debbie says:

    Lekker om te lees van jou goeie week

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s