Eerste Chemo in!

photochemo

Baie dankie vir almal se ondersteuning vandag – julle dra ons regtig meer as wat julle besef!  Ek skryf daarom hierdie blog so gou moontlik sodat julle dadelik kan hoor hoe dit gegaan het.  Jammer by voorbaat aan al die taal nazis!

Ek en Pieter was meer as gereed vir die eerste afspraak met die onkoloog om 10:00.  Ek het alles ingepak wat moontlik kan help om alles so glad moontlik te laat verloop. Vriend en vreemdeling se advies het ek tot op die letter gevolg en met ‘n stewige pak bagasie en entoesiasme opgedaag.  En toe wag ons….

En julle onthou ek het nie geduld nie en min krag om tussen siek mense uit te hang….

En so wag ons 2 ure lank vir die dokter terwyl ons fyn uitgewerkte rooster met kinders, etes, rustyd, huishulp ingedagte, begin uitrafel.  Toe ek uiteindelik myself tuismaak op die gemaklike ‘lazyboys’ van die chemokamer, moes ek hoor dat my nuwe port eintlik eers getoets moes word by radiologie!  Teen 1 uur le ek alleen in ‘n donker kamer op ‘n koue bed en huil omdat kanker en dokters soveel tyd by my steel.  Ek is honger, vaak, ongemaklik en Pieter sal nie weet waar ek is as hy terugkom van Albert se skool af nie!  En die ergste is ek gaan dalk nie vandag nog chemo kan kry nie, want hulle werk tot 5 uur en myne loop 3 tot 4 ure in. Dit sal beteken dat ek nie gesond is teen die naweek as my ma-hulle vir oulaas kom kuier voor hul terug Kaap toe gaan nie!

Gelukkig kon ek toe wel kry – na ‘n EKG.  Teen 14:00 begin my eerste chemo uiteindelik.  Die vriendelike susters maak alles baie gesellig en maklik.  Ek is die enigste pasient teen daardie tyd.  Ek voel geen ongemak terwyl dit inloop nie.  Die susters doen baie moeite om my voor te berei vir elke newe effek en stuur my huis toe teen 16:00 met medisyne en voorskrifte vir elke moontlike kwaal. Die chemo ure waarvoor ek die bangste was, was toe die lekkerste deel van die dag – en net 2 ure lank!

Pa en seuns het my toe in die chemokamer kom haal so hulle kon ook alles sien en verstaan.  Daarna eet ons Elne se heerlike Chicken ala King!  Baie dankie aan nog ‘n kerk engel wat dinge vir ons baie vergemaklik het. Elne en Lizette se kos is spesiale trooskos in die vries vir dae soos die.

Hartseer nuus van Albert se maatjie wat die res van Graad R gaan mis omdat Leukeumie Vrydag by hom gediagnoseer is, vang ons total onkant.  Ons harte gaan so uit na hom en sy ouers.  Ek kan net bid dat hulle ook God en vriende se bystand so intens sal ervaar soos ons.

Mens kan net wonder wat kinders verstaan en dink.  Albert het tydens laasweek se donkeraand tattoo sessie opgemerk dat ek seker dood is…

Op ‘n ligter noot.  Ek het ‘n ‘theme song’ vir my reis gekies.  Dis iets wat my sterk en dapper laat voel!

Hier is uittreksels uit Kelly Clarkson se People like us

We come into this world unknown
But know that we are not alone
They try and knock us down
But change is coming, it’s our time now

Hey… everybody loses it,
Everybody wants to throw it all away sometimes
And hey… yeah I know what you’re going through
Don’t let it get the best of you, you’ll make it out alive

People like us we’ve gotta stick together
Keep your head up, nothing lasts forever
Here’s to the damned, to the lost and forgotten
It’s hard to get high when you’re living on the bottom

We are all misfits living in a world on fire
Sing it for the people like us, the people like us

Hey, this is not a funeral
It’s a revolution, after all your tears have turned to rage
Just wait, everything will be okay
Even when you’re feeling like it’s going down in flames

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Eerste Chemo in!

  1. Dankie vir jou blog. Ek gaan dit verseker volg – saam op jou journey. EK bid ook saam vir jou herstel. Jou positiewe gesindheid is ‘n voorbeeld vir ons almal. Sterkte!

  2. Adéla says:

    Ek hou van die kombersie oor jou bene. Hoop dit laat jou voel ons is daar en hou jou vas! Lief jou. Pa & Ma.

  3. Gerba says:

    Ai, Annabelle, jy is so n wonderlike positiewe kind!! Geniet jou reis!! Lekker slaap en groete vir die familie en soene vir die seuntjies Baie liefde, Tannie Gerba xxx

  4. Die onbekende eerste behandeling is verby dit maak die einde n bietjie gouer in sig, rus lekker en geniet die naweek saam die ouers. liefde van nig Anna.

  5. Tannie Gerda en oom Conrad says:

    Liefste Annabelle
    Jou belewenis en beskrywing van jou eerste chemosessie is inspirerend. Jy klink soos iemand vir wie geen bult te steil gaan wees om uit te klim nie. Baie liefde. Tannie Gerda en oom Conrad.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s