Skoonheid deel 2

Image

Beauty knows no pain!

As iemand vir my gesê het hoe seer permanente grimering is sou ek myself nooit daaraan onderwerp het nie!  Miskien as ek net my verstand gebruik het, kon ek dit uitgewerk het dat ’n tattoo bo en op jou ooglede waansin is! Maar ek wou nie daaroor dink nie – ek wou net mooi lyk as my hare uitval…

Die terapeut was fantasties en ek kan haar regtig aanbeveel –  maar net as jy vreeslik siek is en wenkbroue en ooghare regtig regtig nodig het!

Ek het my gister in ‘n donker wolk in gelees aan al die newe-effekte wat ek kan verwag.  Ek het besluit dis beter om van alles te weet wat moontlik kan gebeur en as die helfte my dan gespaar bly, sal ek ekstra gelukkig voel.  Gewapen met my lysie van kwale het ek toe vandag ‘n bietjie ‘chemo-shopping’ gaan doen.  Daar is nie ’n roompie, salfie, druppel of sproei waarsonder ek onkant betrap sal word nie!  Selfs my chemo kosblikkie se inhoud is gereed en ek het genoeg boeke, wol en musiek om my vir ‘n baie lang ruk besig te hou.

Vandag het nog ’n engel my sprakeloos gehad.  ’n Masserings terapeut wat ek deur die skool en kerk ken, het my 10 gratis sessies geskenk.  Sy kan help met limfdreinering en om van chemo gifstowwe ontslae te raak en van die simptome verlig.  Sy wil dit doen omdat so baie mense haar ma gehelp het toe sy gediagnoseer is met kanker. Dit bly ongelooflik hoe die Here mense gebruik om hierdie reis so sag en gerieflik moontlik te maak! Almal sê ek sal vinnig moet leer om dinge te ontvang en te geniet – maar dit is ook ‘n uitdaging.  Die woord ‘dankie’ kan nie my verwondering en ontroering verwoord nie, maar dit voel of dit al woord in my woordeskat is deesdae!

Advertisements
Aside | This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s