Lewenskwaliteit verbeter!

Soos belowe wil ek gou vertel van die ondersteuningsgroep se verteenwoordiger wat my op dag 2 besoek het.  Reik na Herstel het vir my pragtige pienk, handgemaakte geskenkies gebring in die hospitaal.  ’n Kussinkie om onder my arm te sit en ’n sakkie sodat ek die grillerige drein (porta vac) daarin kan ronddra of om my arm hak.  Hierdie eenvoudige liefdes gebaar het heelwat gemak en waardigheid teruggegee.  Oral waar ek moes rondgaan vir toetse en skanderings het personeel my nuwe ‘haute couture’ tong-in-die-kies gekomplimenteer.  Tuis het gou uitgewerk dat ek die handvatseltjie om ‘n gordel kan hak en om my lyf dra. Soveel vryheid om weer albei hande te kon hê! 

Buiten die praktiese geskenkies het ook twee sponsies en ’n lys oefeninge gekry waarmee ek my arm kan gesond hou omdat die limfkliere verwyder is. Ook ’n dik pak inligting oor die internasionale groep ‘Reach for recovery’.  Die naam is afgelei van die einste strek oefening waarmee jy jou arm moet reguit kry.  Die dame was baie verras dat ek ontvanklik was vir haar raad en voorstelle en dat ek dit nou reeds oorweeg om by hulle betrokke te raak.  Mense het glo al vir haar gevra waarom sy by ‘n ondersteuningsgroep betrokke bly.  Kom nou daaroor en beweeg aan!  Maar borskanker is iets wat deel van jou lewe raak vir altyd en ek kan die voordele insien.  Hulle hou seminare en kry inligting oor die nuutste navorsing, behandelings en ondersteun mekaar op maniere wat ‘buitestaanders’ nie kan nie. Dit bly nog onwerklik dat ek nou in die ‘club’ is L!

Ek het heelweek uitgesien na Donderdag wanneer die dreineringsbuise en pleisters kon afkom.  Dit was wel heerlik tuis by die familie, maar ek wou nêrens saamgaan met my hospitaal bagasie nie.  Ek kon nie glo dat my eerste uitkomkans toe werklik weer hospitaal toe is nie – die plek waaruit ek so graag wou ontsnap!  Die dokter was egter baie ingenome met alles en die absolute vryheid na alles afgehaal is, was ongelooflik! 

Nou kan ek vir die eerste keer my oefeninge doen sonder om te wonder of dit buise, steke of pleisters is wat trek.  Ek sal nou regtig werk maak daarvan want al waaroor ek nou regtig kan kla is die stywe arm wat ek nog nie heel kan oplig nie en die swelling en ongemak a.g.v. van limf wat ophoop.

Gisteraand kon ek en Pieter vir oulaas op ‘n fantastiese ‘date’ gaan om alles te vier.  Oupa en ouma het die kinders gebad en tannie het gesorg vir aandete.  Ons kon fliek en uiteet soos jong verliefdes – wat ‘n absolute bederf!

My blog loop die gevaar om een lang bedankingsbrief te word – maar ek moet verduidelik hoe borskanker toe nie net iets angswekkend is nie.  Wie sou kon raai dat daar ook wonderlike dinge daaruit kon kom? Toe vriendin Hannie reg aan die begin getuig het dat borskanker ook geestelik verrykend is, was ek nie baie beïndruk nie.  Ek sou daarsonder kon klaarkom… Nou begin verstaan ek egter.  Die absolute teenwoordigheid van God in die vorm van mense, wonderwerke, tydsberekening, geskenke, hulp en ondersteuning uit alle oorde. Bekende naastes en wonderlike vreemdelinge.  My geloofsgemeenskap – en hulle geloofskringe omarm my en ontvou my soos ’n warm kombersie.  Ek kan my geluk skaars glo – dit kan net Hy wees wat soveel liefde stuur, want ek is nie SO bekend en geliefd nie!?!?!?! Dit het soms soos kitsroem gevoel, met die gepaardgaande aandag wat nie altyd maklik is nie, maar die seën, hoop en troos wat dit verskaf het, kan ek in woorde skaars beskryf.  Baie dankie vir elkeen se omgee, bederf, empatie en gebede.

Nou ja laat ek klaarkry – ek het hekelwerk wat wag!  ‘n Nuwe stokperdjie wat my ma my die week met groot geduld leer doen het – iets om die verveelde chemo-ure te vul.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Lewenskwaliteit verbeter!

  1. Debbie Louw says:

    Dis fantastiese nuus. Ek wil asb ‘n kombersie bestel vir my verjaardag:)

  2. Luzanne says:

    Jy is amazing! Dankie vir jou getuienis! Kan nie wag om dit met ons Life Group te deel nie! So dankbaar saam met julle!!

  3. Marieta Scheepers says:

    Annabelle, ek is SO dankbaar dat jy so goed klink, jy’s verseker op die regte pad! Vir die arm wat swel, laat dit op ‘n paar kussings langs jou lyf lê, sommer 3 of 4 as jy kan, met jou arm so na as 90 grade weg v jou lyf (maw lê sommer die hele bed vol!) Op die manier help swaartekrag om die vog te dreineer. As jy nou nog ‘n sponsie kan druk en pomp aksies kan doen, soveer te beter! xx

  4. Ann says:

    So ongelooflik trots op jou mooi mens. Ek is so bly ons het weer kontak gemaak op Facebook. Mens het mos altyd te min ure in die dag maar ek hou jou elke dag in my gedagtes en gebede. Daar is geen twyfel dat jy met hope positiewe geestelike verryking anderkant gaan uitstap. Jys n pragtige Mamma en ek geniet al die laaste paar jaar jou vrolike tog emosionele manier waarop jy nuus deel met ons oor jou pragtige seuns en Familie. Stywe drukkies aan jou en veral Ma Adela. Xx

  5. Jacques Ellis says:

    Wow!
    Dis amazing om dit te lees. Ek kan nou nie se ek verstaan presies waardeur jy gaan nie, maar geestelik verrykend is dit wel. Dit het baie memories van 5 jaar terug oor my stryd met kanker terug gebring. Mens vra dan baie vrae, maar vendag kyk ek terug en sien net al die goeie wat dit meegebring het.

    Sterkte vir jou en Pieter vir die pad verder. Al is ons nou nie “best buddies” nie, is ons deur altyd oop vir bietjie stoom afblaas as jul moet.

    Die Ellis’e

  6. Marena Lotriet says:

    Ek loof die Here vir jou, Annabelle – vir jou en vir al die wonderwerke en wonderlike mense waarmee jy omring word. Dit is kosbaar om jou storie te volg. Was so lekker om jou gister in die kerk te sien – al was dit net van ver af. Liefdegroete. Marena

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s