Heerlik by die huis!

auntie acid

Ek gaan liewer niks vertel van die hospitaal nie! Die wat my ken sal ‘n elk geval wonder hoeveel die waarheid is…  My enkele ICU-suster vriendin sal egter kan beaam dat pasiente se lewensvreugde nie juis hoog op die prioriteitslys is nie.  Soggens 4:20 word gordyne oopgeruk (sodat ons die nagliggies kan sien) en die hoofligte aangeskakel sodat ons die koffie … of iets soos koffie… moet drink.  Oor die pyn, verdriet, ellende, ongemak, verlange, toetse, wag, wonder en worstel sal ek eerder swyg.  Dis verby.  Die kosbare besoekies van my dierbaarstes was ‘n vreugde.  Die nuus dat alles skoon is – ‘n genade.  Ek het heel uit dit uitgekom en verdere behandeling sal slegs voorkomend wees.

My chemo port word die 22ste Julie ingesit en in daardie week ontmoet ek die “Red Devil”.  Ek sal vir 6 maande sonder hare wees, maar ek weet dis ‘n klein prys om te betaal vir lewe.

Ek sal nog vertel van Reik na herstel – ‘n internasionale borskanker ondersteuningsgroep.  Baie engele op my pad – maar die grootste vreugde my kosbare gesinnetjie en ouers en liewe vrolike Martha by die huis!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Heerlik by die huis!

  1. Tarina Vink says:

    Ons is die Here innig dankbaar vir hierdie goeie nuus, Annabelle! Selfs my kinders het elke oggend en aand stiptelik onthou om vir Jesus te vra om Albert se mamma gesond te maak! Ek is so bly vir jou en jou gesin!

  2. Lizelle says:

    Dis baie baie goeie nuus Annabelle! Mens se huis tussen die mense vir wie jy lief is, is die beste plek om te wees… Ek dink aan jou, sterkte!!! Mag julle as gesin en familie net met Liefde en Lig omring word. X

  3. Tannie Gerda en oom Conrad says:

    Liefste Annabelle

    Jou positiewe gesindheid is vir ons wat opreg belangstel en daarvan hou om so op die hoogte gehou te word, net te wonderlik. Die Liewe Heer is duidelik heeltyd met jou, jou gesin, jou pa en ma. Ons is bly oor die goeie nuus en wil jou baie sterkte toewens met die behandeling. Dis pure bestiering dat so ‘n oulike huishulp so vinnig op jou pad gekom het. Baie liefde.

  4. Hanneli says:

    Ai Annabelle, ek is so bly. Sterkte vir die pad wat voorlê. Jou wonderlike gesindheid (en gesin) gaan jou regop hou in die tyd wat kom en dis vir my ‘n inspirasie.

  5. Gerba says:

    Dink aan julle klompie daar in Blou Bul land! Dit is bibber koud hier. Ek en Saretha en
    Drian was vandag bietjie Canalwalk toe, maar daar is net Sales, dit is té deurmekaar vir my dat ek tog nie lus is om te koop nie! Verder is ons goedjies al in hopies vir ons Wildtuin vakansietjie. Lekker aand vir julle, so bly saam met julle, met jou goeie nuus!! Liefdegroete en soene xxxx
    Tannie Gerba xxxx

  6. Gerba says:

    Geniet julle aand! Met Sussie uit die verte! Liefde en soene! Koud en nat hier by ons. xxxx

  7. Debbie Louw says:

    Ai vriendin. Ek geniet jou verhaal vreeslik baie. Dis so eg! Dankie dat jy alles so mooi met ons deel. Baie liefde en groete. Ps ek kan jou uiteindelik “follow”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s