Die 1e stukkie goeie nuus

Annabelle word waarskynlik Donderdag ontslaan. Dit maak almal baie opgewonder, want ek (Pieter) mis haar baie, en die kinders is ook onseker. Die operasie was suksesvol. Die kanker knop is verwyder en ‘n klomp besmette kliere is ook uitgehaal. Annabelle is maar ongemaklik met haar arm, maar dit gaan goed, veral nou dat die eerste “scans” wys dat die kanker nie in ander organe begin groei het nie. Daar is steeds verdere toets resultate uitstaande, soos bv. ‘n toets wat bepaal of die kanker in die bene kan wees.

Chemo en/of radioterapie is onvermydelik omdat daar miljoene kanker selle is wat nog in die liggaam kan voorkom. Sodra al die toets resultate terug is het die dr. die volledige histologie en dit word gebruik om die kanker behandelings program op te stel.

Dankie aan almal vir jul gebede, belangstelling en hulp. Ons waardeer dit baie. Gelukkig is ouma en oupa daar, en hulle help vreeslik baie. Dit maak dit vir my makliker om normaal te funksioneer omdat hulle so mooi met die huis en kinders help.

Martha (ons nuwe huishulp), was baie bang vir ouma wat dalk kwaai sal wees, maar ouma en Martha werk goed saam omdat ouma meer fokus op die kinders en omdat Martha mooi op haar eie kan funksioneer.

Annabelle, ons is bly jy is amper terug by die huis, en al kom ons so op ‘n manier klaar sonder jou verkies ons die regte manier, jou manier, met jou 100% by ons. Jy is die dirigent van ons band, en die musiek is nie nou so mooi soos wanneer jy met ons is nie.

Groete

Pieter

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Die 1e stukkie goeie nuus

  1. Ella says:

    Dankie Pieter. Dink aan julle.

  2. Mari says:

    Dit is baie goeie nuus, en ek glo die goeie nuus hou nie hier op nie!! Stuur asb al ons liefde en groete vir jou brawe vrou! Pieter, ek is beindruk met jou blog-talente en mooi woorde!!

  3. Tarina Vink says:

    Dit is goeie nuus! Dankie dat jy ons op hoogte hou, Pieter!

  4. Marena Lotriet says:

    Dankie vir die opdatering, Pieter. Jou brief en kosbare paragraaf aan Annabelle is baie mooi en gryp my aan die hart. Ek is baie bly oor die eerste stappe wat wel nou geneem en agter die rug is. Julle bly in ons gebede.

  5. Debbie Louw says:

    Dankie Pieter. Daar is ek toe skoon in trane. Julle liefde en omgee vir mekaar is vir my een groot seen. Dankie julle

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s