Week 3

its

Na Maandag se besoek aan die dokter slaap ek weer sleg.  Ek probeer uitwerk hoe ek vir Martha alles in 3 dae se tyd gaan leer van my huishouding, roetine en kinders.  Sy moet leer hoe ek dinge doen, waar alles is en alles omtrent ons opvoedings styl, die kinders se eetgewoontes ens ens.  My hart klop later so vinnig dat ek wonder of dit is hoe ‘n paniek aanval voel.  Die volgende dag begin ek met ‘n boek vir Martha met hoofstukke oor wat ons eet, hoe die vullis, kompos en herwinning  sisteem werk, belangrike nommers, my huiswerk skedule, die kinders se medisyne, pleisters, TV voorregte – alles in detail.  Ek weet nie of sy dit ooit sal lees nie, maar dit laat my beter voel!

Ek ‘outsource’ haar badkamertjie se skoonmaak, want ek werk nou ekonomies met my tyd en energie.  Alles lyk pragtig en verwelkomend.  Ek het nooit ooit gedink ek sal ‘n huishulp he nie!

Woensdagoggend stap vrolike Martha in ons huis en harte in en bring saam met haar ‘n groot stuk verligting en kalmte.  Sy is liefdevol en albei kinders is mal oor haar.  Die aanpassing om ‘n ekstra persoon in die huis te he is makliker as wat ek voorsien het en binne drie dae is my huis van kop tot tone ge’springclean’.  Ek het baie meer energie en tyd oor om my kinders te geniet.  Ons bak saam koek en ek bederf hul met pannekoek en doen alles wat vir ons lekker is.  Ek kan met my blog begin werk wat ‘n wonderlike uitlaatklep word.  Ons speel die heeltyd toneel by die huis en maak asof dit die heerlikste skoolvakansie is vol pret en plesier.  Maar in my blog kan ek ontvlug en myself wees.

Ek is verras om te sien wie almal registreer vir die blog en nog meer oor wat almal vir my skryf.  Dit is bietjie ontstellend om te hoor wat mense vir my wil se terwyl ek nog lewe en gesond is, maar dis ook heerlik om te hoor wat ek nie andersins sou hoor nie.  Vriende en kennisse van regdeur my lewe maak kontak.  Uit die vreemdste oorde kom boodskappe van bemoediging en liefde.  Baie Lutzville vriende, universiteits maats, ou kerels(!), kerkvriende en vriende se vriende doen moeite met ons.  Dit vou ‘n kombersie om ons van liefde en troos.

Ons het altyd bespiegel watter “desperate housewife’ ek is.  Pieter het gese Lynette, want sy’t altyd planne om haar sin te kry en haar kinders te bevoordeel.  Ek was bekommerd dat ek bietjie soos Brie is.  Nou blyk dit dat ek wel Lynette is – en sy het deur haar kanker geveg met eerlikheid, humor en die ondersteuning van haar geliefdes.  Ek voel nou baie rustiger en gereed vir die eerste hekkie – die hospitaal volgende week.  Daarna sal ons dit dag vir dag vat. Ek het twee groot ‘flaws’ – Ek is baie ongeduldig en ek haat siek mense – sal maar moet sien hoe dit gaan uitwerk?!

Donderdagaand kry ons die goeie nuus dat ouma en oupa reeds Saterdagmiddag hier gaan wees.  Hulle dring daarop aan dat ek en Pieter die uiteet ‘date’ doen wat Pieter al maande terug beplan het in ‘n deftige ‘non-family-friendly’ restaurant.  Ons is Sondag 12 jaar getroud en ons was jare laas alleen uit in die aand.  Wat ‘n heerlike naweek wat voorle!

As ek weer blog sal dit vanuit my hospitaalbed wees. Mooi bly!

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Week 3

  1. Marlize Beste says:

    Dink vreeslik aan jou. Nie geweet hoe/of ek jou moet kontak toe ek die nuus op fb sien nie. Gelukkig het jy die blog begin. Nou weet ek hoe dit gaan sonder om “nosy” te wees. Dink aan jou en jou gesin. Xxx

  2. michelle says:

    Dink baie en bid baie vir julle as gesin in hierdie moeilike tyd. Wil net vir jou sê oor die “flaws”, dis heelwaarskynlik hoekom die Here vir Pieter gekies het om jou man te wees… Hy’t waarskynlik meer gedulk en haat nie siek mense nie… Hy sal mooi na jou kyk. Ek het soveel krag ontvang van die Here om vir Paul te “nurse”. Die Here is wonderlik goed vir mens. Baie baie liefde. xxx

  3. Nicolene Fourie says:

    Hallo Annabelle, ons dink aan julle môre en bid vir jou! Jy is ‘n vrou met baie guts en gaan hierdeur kom – watch this space! Ons is hier as jul ons nodig het maar respekteer jul kosbare privaatheid. Treffende idee, dié blog. Liefde, Nicolene

  4. Zelda Thiebaut says:

    Sjoe! Ek ken jou glad nie.. Maar wil graag vir jou ondersteuning bied. Ek hou van waarheid en ek dink jy ook. Die vyand hou egter van leuens.. Ek sal namens jou vir hom wegjaag en op die uitkyk wees. Xx Zelda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s