Dinge val mooi in plek

Die brief se resultate was was ver bo my verwagtings. My familie vind die brief geweldig nuttig om alles aan hulle onderskeie ondersteuningsnetwerke oor te dra en die ondersteuning en hulp uit onverwagse oorde oorweldig ons. Die brief lei ook daartoe dat ek binne drie dae die wonderlikste huishoudster kry. Martha – my eerste wonderwerk.

Die naweek werk ons soos afkop hoenders om alles te organiseer. Ons wil die kinders so min as moontlik ontwrig en dit vir almal so maklik moontlik te maak. By die apteek reel my gunsteling Suster (wat deur dieselfde ding is) – vir my ‘n inspuiting toe sy hoor hoe wankelrig die emosies en gestel is. Ek vind ook uit wat ek nog kan drink om gestel op te bou voor die onafwendbare. Ons doen aankope vir die gastekamers, huishoudster, spens en vir my hospitaalverblyf. Ons doen ook moeite om Albert se rapport te vier en hom ekstra te bederf. Dis baie spesiaal en soos alle kankerleiers dit beskryf word elke oomblik so oneindig kosbaar. Ek vind ook troos in die wete dat ek altyd geleef het soos nou – gesin eerste. Ek het niks spyt of verwyt.

Ek vind weer my toevlug in ‘n ou familiekwaal – lysies. Alle beheervrate weet dat goeie organisasie en beplanning stress verminder en paniek voorkom. Ek glo nie eens my lysie-liefhebbende sussie het soveel lysies gemaak tydens hulle emigrasie na Australie verlede jaar nie!

Maandag gaan ek voort met inkopies saam met die kinders en bederf hul nog iets wat lank voor dit alles op my vakansie plan vir Albert was. So gewoon, maar so spesiaal – hulle het geen idee…
Dis baie uitputtend om heeltyd voor te gee niks is aan die gang nie. Ons kon bloot die gaste wat ‘n elk geval in Julie sou kom kuier, voorhou as rede vir ons bedrywighede. Direk na ons uitstappie kry ek die oproep dat die afspraak van Donderdag vervroeg is na Maandag. Ek vermoed die pleite van my ginekoloog se ontvangsdame het iets daarmee te doen en die besoek van my vriendin en later die dag – ek en Pieter – het ook gehelp. My vriendin het dit so raak beskryf dat ek dit eintlik gister al self met ‘n broodmes wou uithaal!

Ek is senuagtig, maar verlig oor die afspraak. Ons het al geoefen daarvoor en ek sal hierdie een op my eie moet doen sodat Pieter die alarm tegnikus kan ontvang en die kinders kan oppas.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s