Die wiele begin rol

Ek hou dadelik van die dokter en voel heelwat veiliger as ek hoor dat sy praktyk grootliks ‘n borspraktyk is en dat sy pasiente dikwels deel uit maak van die reik na herstel ondersteuningsgroep waarvan die dame by onkologie ons vertel het. Sy mediese kennis klink op die voorpunt van mediese wetenskap wereldwyd – of hoe beskryf mens dit nou? Cutting edge – letterlik? Hy hoef nie met die ontnugterde, emosionele pasient van laasweek te praat nie – sy is nou reeds realisties opimisties en voorbereid. Hy verduidelik alles wat ek reeds weet baie duidelik en empaties. Hy kry selfs sy sedeprekie in wat ek baie waardeer. Sy menslikheid en deernis beindruk my.

Hier volg die brief wat ek daardie aand uitgestuur het:
Hi almal
Baie dankie aan almal vir julle vinnige reaksie. Elkeen vêr en naby doen presies wat ons nou nodig het. Ons is geseënd met kundiges op elke terrein en ons is dankbaar om daarvan gebruik te maak.

Dr. Greeff kon my toe vanmiddag sien en die operasie(s) sal volgende week plaasvind. Hy stem saam met die vorige dr., met klein verskille . Ek gaan Maandagoggend vroeg in vir die knop se uitsny en afhangende van die patoloog se bevindinge gaan ek 2 of 3 dae later weer teater toe vir kliere se uithaal. In totaal 3 tot 5 dae in hospitaal.

Die onkologie se behandeling sal definitief hormoonbehandeling ook insluit, want die gewas toets positief vir hormone en dit beteken vroeë menopouse en heel moontlik eierstok verwydering later. Bestraling en chemo sal definitief gebeur en die tipe chemo word eers paar weke later bepaal.

Met die gesin gaan dit baie goed. Ons het vir Martha as huishulp aangestel en sy begin oormore (Woensdag) om ons huishouding te leer ken voor ek weggaan. My ma-hulle begin Saterdag met hulle aantog en sal Sondagmiddag hier wees. Ons het vir Albert vertel van die operasie en kanker-dingetjie wat hul moet uitsny en in hospitaal moet laat gesond word voor ek kan huis toe kom. Hy is vies vir die lastige ding, maar opgewonde oor Martha en ouma-hulle. Hy is bang hy gaan my verlang, maar sal gereeld kom kuier. Op daardie noot wil ek ook vra dat my familie maar voorkeur moet kry in die hospitaal besoektye. Ons kan nog baie baie kuier as ek weer by die huis is! Ek sal probeer om in die hospitaal eposse te skryf wat Pieter kan kom uitstuur – en alles lees wat hy bring.

Ek is jammer vir al die detail – ek het nog nie tyd gehad om met die blog te begin nie – dan sal die wat net sporadiese, vinngie updates soek nie deur al die drama hoef te lees nie! Laat weet maar as julle nog enige vrae het.

Namens ons al 4 – baie dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ons voel so deur die sleg, baie bevoorreg om uit te vind hoeveel diep gelowige vriende en familie mekaar kan dra.

Liefde
Annabelle

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s