Week 1

Voorwoord
Die laaste ding wat die wereld nodig het is nog ‘n kanker blog. Ek kan aan geen slegter leesstof dink nie! Maar hierdie is vir myself – terapie – en vir my kinders – om eendag te lees as hul wil weet. Vir my man en my familie wat nie omgee om deur al die drama en tantrums te lees op soek na hoop nie.

Op 13 Junie 2013 gaan ek na my ginekoloog met ‘n knoppie in my bors. Ek het ‘n maand of meer gesloer, want ek het 6 maande terug ophou borsvoed en dis waarskynlik nog weefsel wat herstel- en Dr. Google het gese dis baie algemeen… Ek het as jongmeisie ‘n onskadelike knoppie laat verwyder, so ek was nie te bekommerd, maar my skoonsussie se begrafnis 4 maande van te vore (kanker) was genoeg aansporing om liewer te laat kyk.
Ek het net ‘n borsondersoek verwag en ‘n verwysing na radioloog, so ek het sommer vir baba Richter (21 maande) saamgeneem. My ginekoloog stuur my net een vloer op en radioloog sien my dadelik. Terwyl ek die vorms invul begin my wereld bietjie draai, want daar’s vrae vir vroue met masektomies en ek wil nie daar wees nie. Ek het nog inkopies om te doen voor ek my oudste (5) by die skool moet gaan oplaai.
Die span is baie vriendlik en ondersteuend en help my met Richter. Die radioloog hou nie van my knop se ongladde rande nie en verduidelik dat dit nog steeds onskadelik kan wees, maar daar’s net een manier om seker te maak: biopsie. Na twee swangerskappe (een epiduraal en ander normaal) voel ek glad nie onwillig nie. Toe hul egter die vleistoetspen uitruk en my sy knal geluid laat hoor vooraf – ril ek vir die ‘staple gun’ geluid. Hul verduidelik die vooraf doodspuit en snit vir pen om in te kan gaan en hoe dit na die tyd sal voel en skielik is dit nie meer roetine of reg nie. Hulle kry ‘n ekstra persoon in die piepklein kamertjie sodat een na Richter kan kyk waar hy tussen my bene op die be sit en een om die dr te assesteer. Richter sit onnatuurlik stil met grootoe en ek wonder of hy iewers in sy agterkop skade sal oorhou van die bloederige gedoente. Die dr sukkel hom flou om die pen deur die knop te kry en die assistant se oe laat my dink sy’s professioneel terughoudend, maar merkbaar onstel oor die hardheid van die die gewas. Ek le vir ‘n halfuur terwyl ek voel hoe hul woel en druk en trek. Die warmte en ongemak op my bors laat my wonder of dit net die begin is van baie ongerief. Ek wonder of die dokter net obessief versigtig is, want hy stop eers na hy 4 monsters het voor hy tevrede is.
Die res van die naweek is ek in skok oor die onverwagse gebeure. Ek het vreeslik pyn en ongemak en mag nog nie begin bekommer voor ek nie die uitslae kry nie. Almal hou heerlik langnaweek, maar ek het ‘n slegte voorgevoel. Pieter – my dierbaarste – kry my in die badkamer saterdagoggend waar ek my hart leeghuil en wegkruip vir die kinders. Ek bel my innigste vriendinne vir troos en weet ek ontstel my familie dalk onnodig voortydig, maar ek was nog nooit een wat met ‘n geheim opgeskeep kon sit nie.
Woensdagmiddag kom die oproep van my ginekoloog. Jammer dis ‘n aggressiewe kanker ek sal jou moet verwys na ‘n chirurg…
Ek besluit dadelik om histerie uit te stel en ‘n afspraak te prober maak terwyl die kinders buite speel, maar geen sukses. Ek kan die aanbevole dokter eers meer as ‘n week sien. Ek sms “dis kanker!” na almal – en ek is jammer daaroor – dit moes aaklig gewees het. Maar hoe “sugarcoat” ek dit? Pieter (wat nooit laat is nie – bel om te se hy is laat en ek antwoord hom deur die trane met “dis kanker”. Nou sit ons – sonder die toetsuitslae nog en wonder wat presies dit alles beteken. Ek vermy ‘depressing’ artikels en skakel af as mense vertel het van borskanker pasiente. Al wat ek weet is dat borste afgesit word en as dit nie werk nie gaan jy dood. Ek ken 5 kankermense wat baie belangerik was in my lewe – en hulle almal is na ‘n onbeskryflike lyding – hemel toe. Maar ek prober dit vir eers ignorer. In my kop is dit nog net ‘n kwaardaardige knop wat verwyder moet word.
Die eerste nag slaap ek niks. Ek kom tot die besef dat dit nie ‘n knop is nie, maar BORSKANKER. Die volgende dag kry ons meer inligting en ‘n afspraak by ‘n ander dokter. Die verslag is duidelik dat die ding – soos ek – ‘n top presteerder is! Hy kry 8 uit 9 en Pieter beskryf dit as ‘nie grappies nie’. Hy is aggressief. Hy dring daarop aan om saam te gaan na die chirurg – wat ek baie waardeer en nie eens teenstribbel om Albert by ‘n maatjie te laat speel nie. Richtertjie sleep weereens saam.
‘n Vriendin ry spesiaal om my te kom vertel van die Dr se slegte ‘trackrecord’ so ons neem ons voor om net inligting te kry en nie in te stem vir ‘n operasiedatum nie. Ons wag vir ‘n volle driekwart uur in sy spreekkamer. Ek vul die vorms in en wonder hoeveel keer ek dit nog sal moet doen… Vrydae was altyd soveel pret…
Die dr. is vriendelik, eerlik en gretig om die eerskomende Dinsdag te sny. My hart jubel my pragtige bors mag bly, maar hy sal bietjie vermink wees. Die hoop dat ek chemo en bestraling sal vryspring word ook vernietig. Ek is te jonk vir so ‘n aggressiewe kanker…
Nou het ons die prentjie en ons is reg vir aksie. Ons besoek onkologie vir al die inligting en ondersteuning wat beskikbaar is. Dis swaar om in te stap waar ons vriend Henk dood is. Die ontvangsdame roep dadelik die berader nader toe die betraande vrou op die rand van histerie haar meedeel dat sy pas die ‘club gejoin’ het en inligting soek.
Die berader lei ons na haar kantoor se gemaklike stoele asof sy net vir ons gewag het. Dit voel of ons terug is by Famsa vir trauma berading na die inbraak laasjaar. Sy is simpatiek, prakties en eerlik. Gewapen met ‘n beter idee van hoe ons lewens verander het. Nou kan ons begin planne maak en voorberei voor ons die regte dokter sien.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Week 1

  1. Paul Vink says:

    Die Vinke bid en dink so baie aan julle vanoggend. Sterkte!

  2. Karin says:

    Hallo Annabelle, ek is ook ‘n jong vrou (33 jr) wat met borskanker gediagnoseer is. Ek het op dieselfde dag as jy my biopsie(s) gehad, 13 Junie 2013 en my radioloog het toe dadelik vir my gese dit is kanker. Ek het op 12 Desember my laaste chemo, nommer 7 ontvang. Baie sterkte vir die pad vorentoe. Sal gereeld jou blog lees>

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s